Wat Is Vrygewigheid?Voorbeeld
Om 'n vrygewige lewe te leef begin met wysheid.
Ons het gister gepraat oor hoe vrygewigheid meer is as net om geld te gee. Dit is om oorvloedig te gee. Ons het ook geleer dat vrygewigheid nie net te doen het met geld nie. Geld is egter 'n groot gedeelte daarvan om te leer hoe om vrygewig te leef. Hoe kan ons dus vrygewig met geld wees as ons nie baie het om te gee nie?
Eerstens moet ons besef hoekom dit belangrik is om met ons geld vrygewig te wees. Dit is nie omdat God gemeen is en dit vir Homself wil hê nie. Trouens, God is die Een wat in die eerste plek vir ons die geld gegee het. Elke seën wat ons ontvang, kom van God af en dit is waarom ons Hom vereer wanneer ons daardie seëninge gebruik om ander te help.
Om vrygewig te wees met ons geld begin met ons tiendes. Dit is om die eerste 10 persent van ons geld wat ons kry — miskien deur iets te verkoop, babas op te pas, 'n weeklikse toelaag wat jy kry, Kersfeesgeld of deur die buurman se gras te sny — en om dit vir God terug te gee deur die plaaslike kerk. Op hierdie manier kan die kerk dit gebruik om mense te laat besef hoe vrygewig God is.
Weereens, mag jy dink dat daar nie 'n manier kan wees wat jy jou tiende kan gee nie, want jy verdien dalk nie geld nie. Maar die gewoontes wat ons vandag vorm bepaal hoe ons môre gaan lewe. Al het jy dus nie nou baie nie, kan jy leer hoe om dit wat jy het goed te bestuur.
Jy mag meer hê as wat jy dink. Kyk na die video om van nog maniere te leer hoe jy geld kan verdien en die geld te bestuur sodat jy vrygewig kan lewe.
Om 'n vrygewige lewe te leef begin met wysheid. Deur wys te wees met ons geld kan ons na die volgende wenke kyk — spandeer, spaar en deel. Leer nou hoe om geld te hanteer sodat jy later vrygewig kan wees. Weet ook dat jy nie nodig het om te wag totdat jy baie het om 'n vrygewige lewe te leef nie.
In vandag se Skrifgedeelte sal jy 'n verhaal sien oor 'n vrou wat omtrent niks gehad het nie, maar sy het gekies om vrygewig te wees met wat sy gehad het. Omdat sy met 'n rein hart gegee het, het haar gawe in werklikheid vir God meer behaag as dié van andere wat baie gegee het.
Jy kan dus vandag vrygewig wees met wat jy het. Jy kan God vereer deur die manier waarop jy geld bestuur. Jy kan geld wys gebruik sodat jy vrygewig kan lewe.
Aangaande hierdie leesplan
Jy het nie nodig om te wag totdat jy ouer is om 'n vrygewige lewe te leef nie — die feit is dat die gewoontes wat jy vandag aanleer, sal bepaal hoe jy môre gaan lewe. In hierdie 6-dae leesplan wat video's insluit, sal ons sommige algemene vrae oor vrygewigheid beantwoord en maniere verken hoe om vrygewigheid te beoefen en hoekom dit vandag saak maak.
More