Die Minimalistiese HuisVoorbeeld

The Minimalist Home

DAG 5 VAN 5

Dra Vrug

'n Minimalistiese lewe is 'n doelgerigte lewe. Dit mag dalk 'n "groot" — uitdagende, sigbare of aangrypende missie wees. Maar dit hoef nie so te wees nie. Dinge wat op die oog af "klein" mag lyk, kan ook 'n groot trefkrag hê, veral as dit in liefde en nederigheid gedoen word.

As ons oplettend is, sal ons 'n groter bergpiek in die verte opmerk — een wat ons moontlik nie raakgesien het, toe ons met hierdie minimalistiese reis begin het nie. Dit is 'n doel buite onsself. Dit is 'n doel groter as onsself. Een wat waardig is vir die lewe wat ons gegee is om te leef. 

Vir sommige wentel hierdie doel om hul huweliksmaat, kinders, ouers, of ander familielede. 

Vir ander mag dit vir 'n verdienstelike saak wees: die haweloses, die omgewing, diere, kinders, mense met gestremdhede, of iets soortgelyks. 

Nog ander mag ontdek dat hul loopbane méér as 'n blote vorm van inkomste is — dat hulle vervulling vind in die groter doel om ander te dien. 

God het 'n rol vir elkeen van ons in die uitbouing van sy koninkryk. Watter hartstog brand in jou binneste? Watter geleenthede is daar? Watter behoeftes kan jy met jou vermoëns vervul? 

Geniet gerus die persoonlike beloning wat die minimalisering van jou huis meebring. Gaan egter verder deur na eksterne doeleindes te soek en jou daaraan te verbind. 

Net soos minimalisme ons houding tot materiële eienaarskap verander, sal dit ook die benadering verander waarvolgens ons ons doelwitte nastreef. Ongeag of ons 'n item op 'n wenslysie afmerk (om Kilimanjaro te klim), die oorgang maak na 'n ander lewensstyl (verruil kantoorwerk vir aanlyn-verkope van tuisgemaakte produkte), of om 'n verdienstelike taak te onderneem deur 'n diens aan die mensdom te lewer (bestryding van kindermishandeling), ons doen dit nie om erkenning te kry nie maar eerder omdat dit op sigself 'n goeie ding is.

Ek vertrou dat ons deugde soos deernis, wysheid, omsigtigheid, beskeidenheid, regverdigheid, en humor sal openbaar terwyl ons met minimalisering besig is. Ons voel aangetrokke tot hierdie soort deugde, terwyl ons afgestoot word deur materialisme se hardvogtige waardes van gierigheid, hebsug, en trots. Namate ons nader aan God groei deur afstand te doen van dié dinge wat ons van sy roeping kan weglei, herken ons die vrug van die Gees in ons lewens: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Ek glo dat minimalisme groot veranderinge vir my kinders en hulle geslag wêreldwyd sal meebring. 

Mag dit van vandag af vorentoe dieselfde vir jou doen.

Hoe sal jy God se roeping vir jou lewe beskryf? 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Minimalist Home

Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goed gaan, sal jy ook ontdek dat om minder te besit, vir jouself vernuwend kan wees. Met die afskaling van jou besittings sal jy verbaas wees oor hoe jou geloof, doelgerigtheid en gees van vrygewigheid oorvloediglik sal toeneem.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/250883/the-minimalist-home-by-joshua-becker/