Die Minimalistiese HuisVoorbeeld
Die Doel Van Jou Huis
Minimalisme maak nie alleen fisiese plek in jou huis beskikbaar nie, dit stel "denkruimte" vry om ook die doel van jou huis te ontwikkel en "geestesruimte" om God se stem duideliker in jou lewe te hoor. Dink na oor die volgende voordele van 'n minimalistiese huis:
- Jou tuiskoms by 'n minimalistiese huis is beter. Jy sal vind dat jou huis baie meer ontspanne en minder stresvol sonder die onnodige dinge is. Dit word waarlik: "... 'n plek van vrede en ... van ongestoorde rus" (Jesaja 32:18). Met minder dinge wat in die huis om jou aandag wedywer, sal jy beter kan fokus op die mense en aktiwiteite wat aan jou vreugde verskaf. Deur minimalisering, sal jy meer tuis voel as ooit tevore. Dit sal 'n plek van vrede wees vir beide jou en hulle wat jou huis binnekom.
- Om uit 'n minimalistiese huis te vertrek is 'n beter ervaring. Na afskaling sal jy minder goed koop en minder spandeer aan herstelwerk en instandhouding, wat jou 'n groter bankbalans vir ander doeleindes gaan laat. Selfs nog belangriker, aangesien jy minder tyd en energie aan die skoonmaak, organisering, en versorging van jou besittings gaan bestee, gaan jy meer tyd en energie oorhê om te droom en te beplan vir die toekoms. Met hierdie ekstra hulpbronne, sal jy beter voorbereid wees om die wêreld in te gaan, ongeag of dit vir 'n dag se werk, 'n aand van vermaak, of 'n lewensveranderende avontuur is.
Sien jy watter dinamiese idee "huis" is? 'n Huis is onder andere 'n veilige hawe om te midde van 'n storm skuiling te vind. 'n Huis is ook 'n hawe waarvandaan vertrek word wanneer jy weer gereed is om die onstuimige see van die lewe aan te durf.
Beide voordele van 'n minimalistiese huis — die tuiskoms en vertrek vanaf jou huis — is belangrik, maar dit is laasgenoemde wat my meer opgewonde maak. Ek weet nie van jou nie, maar ek sal sonder uitsondering betekenisvolheid bo "dinge" verkies. Ek wil eerder bydra tot as om te verbruik. Wanneer ons meer ruimte om ons skep, skep ons onvermydelik meer innerlike ruimte vanwaar ons andere in die Naam van Christus kan liefhê en dien wanneer ons vanuit ons huis die wêreld ingaan.
Hoe rus 'n vredevolle tuiste ons toe om andere meer volledig lief te hê? Van watter één ding kan jy vandag ontslae raak, om jou huis meer rustig te maak?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goed gaan, sal jy ook ontdek dat om minder te besit, vir jouself vernuwend kan wees. Met die afskaling van jou besittings sal jy verbaas wees oor hoe jou geloof, doelgerigtheid en gees van vrygewigheid oorvloediglik sal toeneem.
More