Die Minimalistiese HuisVoorbeeld

The Minimalist Home

DAG 4 VAN 5

Die Doelgerigte En Die Praktiese

Net soos wat jy die doeleindes met jou huis as 'n geheel in gedagte moet hou, so behoort jy ook elke individuele vertrek in jou huis se doelwitte in gedagte te hou. As deel van 'n stelselmatige minimalisering, behoort die oogmerke met die onderskeie vertrekke jou besluite te beïnvloed oor watter besittings in elkeen pas, of nie. Indien daar iets in 'n vertrek is wat nie in pas met die doel van die vertrek is nie, is dit waarskynlik iets wat verwyder behoort te word. Doelgerigtheid gee direkte leiding vir die neem van praktiese besluite. 

Byvoorbeeld, jy mag besluit dat jou sitkamer té formeel is. Dit is nie 'n gemaklike plek nie en word selde gebruik. Dus sal jou minimalisering moontlik begin deur ontslae te raak van voorwerpe wat die vertrek stampvol en bedompig laat voel. 

Moontlik het jy 'n geliefkoosde leunstoel in die sitkamer waarop jy gewoonlik sit. Maak jou self daarop tuis, kyk rond, en vra jouself af watter van die voorwerpe dra volgens jou by tot die vreedsaamheid van die vertrek, en watter nie. 

Daar is ook moontlik 'n klomp speelgoed wat jou kinders ontgroei het en waarvan jy ontslae kan raak om plek te maak vir dié speelgoed waarmee hulle tans graag speel.  

Waarskynlik neem jy nie genoeë met die hoeveelheid tyd wat jy en jou gesinslede aan elektroniese toestelle afstaan nie. In daardie geval het die tyd dalk aangebreek om van die televisiestel of elektroniese speletjies ontslae te raak. 

Aangesien hierdie gemeenskaplike vertrekke deur die hele huishouding gebruik word, is dit vanselfsprekend dat die gesinslede ook geraadpleeg moet word oor wat hulle in die onderskeie vertrekke wil behou, of van ontslae wil raak. Gesels saam oor jou minimaliseringstrategieë vir hierdie vertrekke. Verwyder die oortollige items gesamentlik. Geniet die voordele tesame. Deur jou gesin te betrek, is die ideale manier om van jou minimalistiese huisopknapping 'n gesinsprojek te maak en saam die suksesse daarvan te vier. 

Indien jy alleen woon, mag jy dit dalk oorweeg om 'n goeie vriend — wat 'n gereelde gas is — oor te nooi vir 'n bietjie raad oor wat om te hou en waarvan om ontslae te raak. So 'n vriend sal graag raad gee en heel moontlik ook nog help om die meubels te skuif! 

Selfs om klein te begin met die minimalisering van jou huis is 'n groot ding, solank as wat jy gefokus bly om stelselmatig elke vertrek in jou huis prakties in te rig sodat jy die doel wat God vir jou het, kan vervul.

Wat is 'n eerste stap wat jy sal neem om vandag één vertrek in jou huis te minimaliseer? 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Minimalist Home

Die skrywer Joshua Becker het iets moois sien gebeur wanneer mense hul oortollige besittings begin verminder — gedurende die proses, het die mense self verander. Alhoewel hierdie leesplan oor die vermindering van jou goed gaan, sal jy ook ontdek dat om minder te besit, vir jouself vernuwend kan wees. Met die afskaling van jou besittings sal jy verbaas wees oor hoe jou geloof, doelgerigtheid en gees van vrygewigheid oorvloediglik sal toeneem.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/250883/the-minimalist-home-by-joshua-becker/