Die GeboortetoneelVoorbeeld
In antieke Rome is die goeie nuus van 'n militêre oorwinning, 'n vredesooreenkoms, of die geboorte van 'n nuwe keiser aangekondig deur 'n boodskapper uit te stuur om dit aan almal te vertel. Hierdie boodskappers het 'n belangrike werk gehad, want daar was nie sosiale media of telekommunikasie in daardie dae nie.
Goeie nuus is in daardie dae mondelings oorgedra. Kom ons kyk na die volk van Israel, wat onder Romeinse regering was. In 'n stil klein dorpie, in die middel van die veld, in die middel van die nag, het 'n groepie skaapwagters probeer warm bly terwyl hulle skape opgepas het. Ewe skielik het 'n helder lig die hemelruim verlig en 'n koor van engele het die goeie nuus aangekondig dat 'n nuwe koning gebore is.
Nie 'n Romeinse keiser nie, maar 'n Redder vir die hele wêreld.
Toe hulle die nuus hoor, het hulle gehardloop om na die baba te gaan kyk. Nadat hulle by Jesus was, het hulle deur die dorpie gegaan en almal vertel wat hulle gehoor het.
Ons het dieselfde goeie nuus wat die skaapwagters gehad het, en ons behoort ook gedring te word deur die wonderlike nuus dat die Redder van die wêreld gekom het. Die skaapwagters was nie skaam om in die middel van die nag aan deure te klop en die goeie nuus van Jesus se geboorte aan te kondig nie. Ons het die geleentheid om nie net die wêreld van Jesus se geboorte te vertel nie, maar ook van sy dood en opstanding. God vra ons om die goeie nuus van sy Seun oor te dra in ons sfeer van invloed, net soos die Romeinse boodskappers en skaapwagters dit gedoen het.
Vrae om oor te dink:
Watter voorsprong het ons bo die skaapwagters in ons vermoë om die goeie nuus van Jesus deesdae aan mense oor te dra?
Wie is drie persone in jou sfeer van invloed vir wie jy kan bid en geleenthede kan gebruik om die Goeie Nuus van Jesus met hulle te deel? Bid nou daaroor.
Aangaande hierdie leesplan
Een van die vele Kersfeestradisies vir gesinne, is om 'n toneel op te stel wat die geboorte van Jesus uitbeeld. Gewoonlik is dit Maria, Josef, skaapwagters, skape en wyse manne rondom 'n babatjie in 'n krip. Dis 'n pragtige toneel om ons aan Jesus se geboorte te herinner. Ons kan egter die menslikheid van elkeen van die persone wat daardie nag teenwoordig was vergeet, omdat die toneel so oorbekend is.
More