Die GeboortetoneelVoorbeeld

The Nativity Scene

DAG 2 VAN 4

Dink terug aan die tyd toe jy 'n klein kindjie was. Wat het jy jouself voorgestel jy sou wees teen die ouderdom wat jy nou is? Hoe dink jy sal jou lewe oor vyf jaar lyk, of 10 of selfs 25 jaar? 

Om oor die toekoms te dink, kan verskillende emosies by baie van ons wakker maak. Dit kan vreesaanjaend wees om oor die toekoms te dink, as jy onseker is oor wat jy gaan doen. As jy ingestel is om 'n sekere pad te volg, kan dit opwindend wees om daaraan te werk om daardie doelwitte te bereik. Wat daarvan as die lewe egter 'n onverwagse wending neem? 

Josef het homself in so 'n situasie bevind toe die engel van die Here aan hom verskyn het met die nuus dat sy verloofde 'n Seun in die wêreld sou bring. Dis hoogs onwaarskynlik dat Josef gedink het sy huwelik met Maria sou die verantwoordelikheid insluit om die Seun van God as sy eie groot te maak. 

As dit na 'n groot verantwoordelikheid klink, is dit omdat dit wel een is. Josef was egter 'n regverdige man, en alhoewel daar nie baie melding van hom gemaak word in die Skrif nie, is hy tevrede daarmee om verloof te bly aan Maria en om Jesus as sy eie Seun groot te maak. 

Die omstandighede om Jesus se geboorte was 'n verrassing vir sy ouers, maar dit was nie vir God nie. Daar sal dinge in ons eie lewens wees wat ons planne in die wiele ry. Omstandighede sal verander op maniere wat ons nie voorsien het nie, en dit sal ons verras, maar ons moet onthou dat God nooit verras word deur ons omstandighede nie. 

Hy beplan alles volgens sy wil; vir ons om daarin te wandel. Net so het Hy nie per ongeluk vir Maria en Josef gekies om die aardse ouers van sy Seun te wees nie. Hy kies om jou te gebruik, al is sy planne nie wat jy verwag het nie. 

Vrae om oor na te dink:

Ons dink gewoonlik aan Jesus as 'n babatjie en dan 'n wonderlike leermeester, maar hoe dink jy was dit om die ouers van Jesus te wees? Dink jy dit was net vol vreugde?

Noem een verrassende situasie in jou lewe wat God gebruik het, wat jy nie verwag het nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Nativity Scene

Een van die vele Kersfeestradisies vir gesinne, is om 'n toneel op te stel wat die geboorte van Jesus uitbeeld. Gewoonlik is dit Maria, Josef, skaapwagters, skape en wyse manne rondom 'n babatjie in 'n krip. Dis 'n pragtige toneel om ons aan Jesus se geboorte te herinner. Ons kan egter die menslikheid van elkeen van die persone wat daardie nag teenwoordig was vergeet, omdat die toneel so oorbekend is.

More

Baie dankie aan Youth Commission International wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://yciclubs.com