Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 27 VAN 280

BELYDENIS EN BEKERING

Tydens die sondvloed was Noag, onder baie moeilike omstandighede, gehoorsaam aan God. Sy gehoorsaamheid het egter afgeneem toe die water opgedroog het. Noag het wyn gemaak en daarvan gedrink. Hy het te veel gedrink en dronk geword. Toe het hy sonder klere op sy bed in die tent gaan lê. Sy seun, Gam, sien dat sy pa kaal in die tent lê, en gaan vertel sy twee broers daarvan. Toe Noag wakker word het hy Gam vervloek. Alhoewel Gam verkeerd opgetree en die gevolge verdien het, is dit nodig om te besef dat Noag nie juis aanspreeklik was vir sy swak voorbeeld nie.

Ons as ouers moet ons sonde nederig erken en as ineengevleg met ons kinders se sonde sien. As ons nie verantwoordelikheid neem vir ons foute nie, en op ons kinders se foute konsentreer, stel ons 'n voorbeeld van hoe om iemand anders te blameer en verskonings te maak. Ons kinders mag dan dink dat die reëls nie vir mense in 'n magsposisie geld nie.

Ons gewilligheid om ons foute te erken en te bely, is 'n goeie voorbeeld vir ons kinders.
Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com