Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 11 VAN 280

KRAG UIT GEBED

Ouerskap is 'n spanpoging. As jy en jou huweliksmaat "eensgesind sal wees soos Christus Jesus dit wil hê", sal julle die beste besluite vir elkeen in die gesin kan maak. Romeine 15:5-6 is 'n gebed wat ouers baie kan help. Met behulp van die Heilige Gees kan julle die regte keuses maak, goeie gevolge verwag en die nodige empatie verleen. As julle saam bid en God se wil vra, " kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus."

Ouers kan by mekaar leer. Enkelouers kan by vriende leer wat ook ouers is. As julle oor moeilike ouerskap situasies praat, en saam bid vir leiding, eer julle God.
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com