Bekend — 'n Vyfdag leesplan deur Tauren WellsVoorbeeld
BEKEND | Dag 1 | DIE LYNE WAT ONS OORSTEEK
Om geliefd, maar nie geken te wees nie, is vertroostend, maar oppervlakkig. Om geken, maar nie geliefd te wees nie, is ons grootste vrees. Om egter ten ten volle geken en waarlik geliefd te wees, is wat dit beteken om deur God liefgehê te word.
–Timothy Keller
"As jy my werklik geken het, sal jy weet _______________."
Ek onthou die eerste keer toe my vriend my bewus gemaak het van 'n realiteitsprogram getiteld, As Jy My Regtig Geken Het, wat vir ‘n kort tydperk op MTV gewys het. Die program se aanbieders het groot groepe studente van oral oor die land gevra om die oop spasie in te vul. Hulle het gehoop om boeliegedrag deur begrip te beëindig, in die mening dat as studente van mekaar se wroegings geweet het, hulle waarskynlik eerder medelye as kritiek teenoor mekaar sou uitspreek. Die program sou al die studente in die skool se gimnasium bymekaar laat kom, en instrukteure sou hulle dan in 'n lang ry teen die muur laat staan. Dan sou een van die instrukteurs vir hulle kwessies van 'n lys stellings aflees — kwessies soos: "As jy my regtig geken het, sal weet … 'dat ek in 'n gebroke huis groot geword het,' of 'dat ek 'n slagoffer van een of ander mishandeling was' of 'dat ek soms eensaam en bang voel, selfs tussen vriende.'" Vir elke stelling waarmee 'n student geïdentifiseer het, sou hy of sy 'n tree vorentoe gee, en uiteindelik sou al die studente die lyn in die middel van die vertrek oorgesteek het.
Dan sou die instrukteur hulle vra om om hulle te kyk.
Met trane in hulle oë sou hulle hulle medestudente sien — mense vir wie hulle dalk misgekyk of voortydig veroordeel het — net om tot die besef te kom hulle is almal in soortgelyke wroegings vasgevang. Hierdie het alles in 'n skool plaasgevind, dus was dit nie regtig 'n verrassing dat meeste van die studente (wat skynbaar nie 'n verhouding met Jesus gehad het nie) se lewens met die ongelukkige gebrokenheid van sonde deurtrek was. Ek sal egter nooit die dag vergeet toe my vriend dieselfde benadering gebruik het ter afsluiting van 'n boodskap waaroor hy vir ongeveer eenduisend studente by 'n kerk se jeugkonferensie gepreek het nie. Ongetwyfeld het ek gedink die resultaat sou anders wees in 'n vertrek vol oënskynlik kerkgaande kinders. Nietemin, met die maak van deurdringende stellings soos: "As jy my regtig geken het, sal jy weet dat ek met verslawing sukkel," het studente vorentoe getree. "As jy my regtig geken het, sal jy weet dat ek seksueel misbruik is." Studente het vorentoe getree. "As jy my regtig geken het, sal jy weet dat ek diepe verwerping ervaar het." Kort voor lank, was meer as helfte van die sitplekke leeg, en die plek voor die kansel vol. Ek dink almal kon vorentoe getree het, maar sommige het net bly sit, omdat hulle bly vasklou het aan die valse gevoel van gemak wat oppervlakkigheid kan skep.
Die waarheid is dat ons almal met iets wroeg. Ons almal loop mank. Ons probeer almal om trauma te hanteer wat saam met 'n gevalle wêreld kom, of dit nou 'n gebroke hart is wat veroorsaak is deur mense wat ons vertrou het, of geliefdes wat deur die dood van ons geskei is, of neigings wat ons tot dinge het waaroor ons skaam is of 'n verwronge sin vir waarde … vul jy nou die oop spasie in. Ek het tot die ongelukkige slotsom gekom dat daar 'n weergawe van Christenskap is waarin baie van ons ingekoop het en ons geleer het om professionele huigelaars te wees. Hierdie oordenking is vir mense wat gereed is om die vernislagie van selfversekerde Christenskap te verbrysel en die kwesbaarheid wat die Evangelie vereis te betree, voordat die groot genadewerk in ons lewens kan plaasvind. Miskien as ons almal eerlik kan wees oor ons kwessies, sou eerlikheid ons nie so geïsoleerd laat voel het nie. Jesus het immers nie gesterf vir die beeld wat ons beskerm nie. Jesus het gesterf vir die mens wie ons werklik is.
My begeerte is dat ons almal eendag gewillig sal wees om die lyn van hopeloosheid na hoop, van seer na genesing en van wroeging na oorgawe oor te steek — dat ons in die vertrek om ons sal rondkyk, aan die voet van die kruis mekaar sal sien en hoor hoe Jesus die oop spasie invul met die stelling: "As jy my regtig geken het, sal jy weet het dat jy nie alleen is nie."
Aangaande hierdie leesplan
My nuwe lied getiteld "Known," is baie betekenisvol vir my geloofsreis. My begeerte is dat ons almal eendag gewillig sal wees om te stap van hopeloosheid na hoop, van seer na genesing en van worsteling na oorgawe — dat ons om ons en na die voet van die kruis sal kyk, mekaar sal sien en hoor hoe Jesus ons vertel dat ons nie alleen is nie. Dankie dat jy my op hierdie reis vergesel. -Tauren Wells
More