Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld
![Liefde sonder vooroordeel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12704%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Hebreërs 4:12-13
SOAP: Hebreërs 4:13
Die skoonheid van God se Woord is dat wanneer ons 'n bekende vers lees, God 'n ryker, dieper betekenis openbaar, afhangende van die seisoen waarin ons is. Het dit al met jou gebeur? Skielik word 'n vers wat ons al 'n miljoen keer gelees het, lewendig op die bladsy van ons Bybel en ons vind 'n nuwe betekenis daarvoor. Wanneer ons tyd met God se Woord spandeer, begin die lewe sin maak.
God se Woord is lewend en aktief. Dit gee ons nuwe perspektief. Dit help ons om te onderskei wat reg en wat verkeerd is. Dit openbaar ons sonde ten volle.
God se Woord is skerper as enige tweesnydende swaard - dit penetreer en ontbloot ons innerlike hart. God sien ons harte en sy Woord laat ons toe om dit ook te sien. "Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?" (Jeremia 17:9).
Liewe vriendin, onder die lig van God se Woord, is ons almal naak en blootgestel voor die oë van die Here. Ons kan probeer om ons sonde te ignoreer en onsself te mislei, maar die Heilige Gees bemagtig die bediening van die Woord om diep werk in ons harte te doen. Wandel jy daagliks in God se Woord?
Liewe Vader, dankie vir u lewende en aktiewe Woord wat lig gee in die donkerste hoek van my hart. Help my om te onthou dat niks in my hart, siel of verstand vir U verberg kan word nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Liefde sonder vooroordeel](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12704%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com
Verwante Leesplanne
![Beloftes van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13038%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beloftes van God
![Koester jou hartsmense](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13927%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Koester jou hartsmense
![’n Hart vol Dankbaarheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14577%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
’n Hart vol Dankbaarheid
![Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14733%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
![Here, hoor U my? deur Nina Smit](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13717%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Here, hoor U my? deur Nina Smit
![Die Wapenrusting Van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13579%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Wapenrusting Van God
![Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15155%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
![Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13557%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
![Vrede wat alle verstand te bowe gaan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14251%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vrede wat alle verstand te bowe gaan
![Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15847%2F320x180.jpg&w=640&q=75)