Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Lees: Psalm 145:8-9, Titus 2:11
SOAP: Psalm 145:8-9
Wat 'n reis! Het jy hierdie vier weke in die boek Jona geniet? Noudat ons dit in diepte bestudeer het, glo ek jy weet dat hierdie boek nie oor 'n groot vis, 'n berouvolle stad of selfs 'n ongehoorsame profeet handel nie. Hierdie boek handel oor God, sy wil en hoe ons daarop reageer.
Ons beëindig hierdie studie met wonderlike lesse oor God se karakter:
· Hy is lankmoedig.
· Sy liefde bly vir ewig.
· Hy is genadig en barmhartig.
· Hy wil nie hê dat iemand verlore gaan nie.
· Hy is geduldig.
· Hy is lief vir almal.
· En soveel meer!
In Psalm 145 onthou Dawid die beskrywing van Yahweh in Eksodus 34: "Die Here, die Here God, barmhartig en genadig, lankmoedig vol liefde en trou. (Eksodus 34:6)." Hy is goed vir almal, nie net vir Israel nie, maar vir die hele mensdom, wie se harte Hy met blydskap vervul
Die God wat ons geskape het, toon genade aan sy skepping, aan diegene wat dink hulle verdien dit en aan diegene wat dink hulle verdien dit nie. En as gevolg van sy genade het Hy verlossing aan almal gebring. Jy gaan nie uit om verlossing te kry nie; dit kom na jou toe en jy kan kies om dit te ontvang. Almal vind verlossing slegs deur die genade van God.
Hoe kan jy jouself vereenselwig met Jona en hoe God hom hanteer het? Hoe kan jy 'n lewe leef wat sonder twyfel God se genade en barmhartigheid teenoor jou openbaar? Hoe kan jy 'n verskil maak deur ander na Jesus en die redding wat daar in Hom te vinde is, te wys?
Liewe Vader, my hart is vol van alles wat ek van U en u liefde vir my geleer het. Help my om te onthou om op so 'n manier te leef dat U vereer word en dat ek u gebooie altyd sal gehoorsaam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com
Verwante Leesplanne

Beloftes van God

Koester jou hartsmense

’n Hart vol Dankbaarheid

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Here, hoor U my? deur Nina Smit

Die Wapenrusting Van God

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

Vrede wat alle verstand te bowe gaan
