Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 25 VAN 27

Lees: Jona 4:10-11,

SOAP: Romeine 5:6-9

Ons bereik die einde van Jona se verhaal met vandag se verse. In hoofstuk 1 het die profeet geleer dat mens nie van God kan weghardloop nie. In hoofstuk 2 het hy geleer dat God diegene vergewe wat Hom aanroep. In hoofstuk 3 het hy gesien hoe 'n hele stad hulleself verneder voor die Here, berou het en genade ontvang. Nou leer hy dat God deernis het vir verlore sondaars soos die Nineviete, en hyself.

Jona het medelye gehad met die plant wat God voorsien het toe dit vergaan het, maar hy het nie deernis gehad vir die mense wat verlore sou gaan en vir ewig van God verwyderd sou wees nie. Die boek Jona herinner ons dat God die God van die hele mensdom is, dat Jesus gesterf het vir elke volk en elke nasie.

Ek wens ons het meer verse in die boek Jona gehad om te sien hoe die profeet op hierdie finale les gereageer het. Het hy berou gekry? Het hy verstaan ​​dat God lief is vir en genade skenk aan almal? Spurgeon het gesê: "Kom ons hoop dat hy, vir die res van sy lewe, hom verbly het in die reddende genade van God."

Dit is my gebed vir jou ook, dat jy, so lank as wat jy leef, jou kan verbly in die reddende genade van God. Dat jy kan lewe volgens God se deernis, goedertierenheid kan bewys en lief kan hê - selfs die mense wat jou seergemaak of sleg behandel het. Wat het die boek Jona jou geleer? Watter waardevolle lesse het jy in hierdie weke geleer?

Liewe Vader, dankie dat U my liefgehad het toe ek nog swak was. Dankie dat U u liefde vir my bewys het terwyl ek nog 'n sondaar was. Dis net as gevolg van u liefde dat ek vry is van veroordeling. Dit is net vanweë u goedertierenheid dat ek die Ewige Lewe het. Ek dank U uit die diepte van my hart. Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie. 

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com