Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 22 VAN 27

Lees: Jona 4:1-3

SOAP: Jona 4:2

Gewoonlik is 'n prediker bly wanneer die mense vir wie hy preek, berou het, maar Jona was nie. Hy was ontevrede oor die bekering van die inwoners van Ninevé en het kwaad geword vir God se genade teenoor hulle. Dink vir 'n oomblik hieroor na. Hy was nie net ontevrede nie, hy was kwaad!

Dan begin hy met God argumenteer en sy vorige optrede regverdig - "Sien U? Daarom wou ek U nie gehoorsaam nie, want ek het geweet dat u liefde groot is en dat U barmhartig is!"

Die bekering en redding van die inwoners van Ninevé was so pynlik vir Jona dat hy eerder sou sterf as om daaraan te dink; dit was die rede waarom hy gevlug het - nie uit vrees dat hy oneffektief sou wees nie, maar uit vrees dat hy wel effektief sou wees!

Maar Jona het self op die genade van God staat gemaak en dit geniet toe dit aan hom gebied is. Noudat dit aan ander gebied word, neem hy aanstoot. Wat as God Jona behandel soos hy wou hê God die Nineviete moes behandel?

Gebeur dit ook met jou? Roep jy soms uit om genade vir jouself, maar gun dit nie vir ander nie? Word jy kwaad wanneer goeie dinge met mense gebeur wat dit volgens jou nie verdien nie? Kom ons straal God se genade en liefde uit met elke geleentheid en as ons skuldig is daaraan om ander te oordeel, kom ons bely dit.

Hemelse Vader, dankie vir u liefde en barmhartigheid. Ek dank U vir die geleenthede wat U my bied om my te bekeer van my sonde. Herinner my daaraan dat U die enigste Regter is en dat ek nie geroep word om ander te oordeel nie. Help my om lief te hê en genade te bied soos U doen. Amen.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie. 

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com