Leesplan inligting

RutVoorbeeld

Rut

DAG 4 VAN 27

Lees: Rut 1:15-18, Spreuke 31:25

SOAP: Rut 1:16-17

Die besluit om nie na Moab terug te keer nie, was 'n beslissende oomblik vir Rut. Sy wys ongelooflike sterkte van karakter deur te kies om nie die maklike uitweg te neem nie. Rut het geen idee gehad van wat voorlê nie, maar sy stap volkome voorwaarts na 'n nuwe toekoms. Sy maak nie net ‘n verbintenis om Naomi te eer nie, maar sy breek uit die heidense erfenis van haar verlede en plaas haar lojaliteit met Jehovah God.

Ons word elke dag gekonfronteer met keuses. Ons kan kies wat ons eie selfsugtige belange sal dien, of ons kan sterkte van karakter wys en ons regte oorgee om ander te dien en God te eer. Klein stappe van gehoorsaamheid vandag sal môre 'n ewige verskil maak. Kom ons kies verstandig.

Here, ons wil U eer met die keuses wat ons maak. Help ons om nie die maklike uitweg te neem nie, maar om weg te draai van selfsug en U te dien deur diegene in ons kring van invloed lief te hê en te eer. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit ...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid