RutVoorbeeld

Rut

DAG 3 VAN 27

Lees: Rut 1:6-14

SOAP: Rut 1:8

Selfs in haar bitterheid, spreek Naomi 'n seën uit oor haar twee skoondogters. Sy bid dat hulle lewens sal omkeer en dat God genade aan hulle sal uitreik weens hul goedheid teenoor haar familie. Die woord "goedgunstigheid" hier in die oorspronklike Hebreeus is "hesed", wat beteken dat 'n kragtige mens genadig is teenoor iemand wat swakker is. Hierdie goedheid is nie uit plig nie, maar spruit voort uit 'n getroue liefde. Die woord "hesed" is 'n tema wat dwarsdeur die boek Rut geweef is, so wees op die uitkyk daarvoor.

God het Sy goedheid aan ons uitgereik, en die verhaal van Rut gaan wys hoe Hy in elke detail van ons lewens werk.  Hy smag om ons te seën, en vandag is Hy Voorsienend aan die werk, besig om besonderhede agter die skerms te orkestreer.

Rut was goedgesind teenoor Naomi, en God het dit raakgesien. Jy mag dalk vandag dink dat God nie die klein dinge opmerk wat jy onbaatsugtig doen om ander aan te moedig nie, maar Hy mis nooit iets nie. Sy "hesed" kom na jou toe.

Here, dankie dat U U genade aan ons uitgereik het. Help ons om oplettend te wees vir geleenthede om goedgunstig te wees teenoor die mense in ons kring van invloed. Mag ons U “hesed” deel met die wat seer het en hulle dag seën. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander. 

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com