RutVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
WEEK 2
1. Rut besluit om are te gaan optel in Boas se land. Wat beteken dit om are op te tel, en wat leer ons van Rut se karakter?
2. Wat leer ons uit verse 8-16 van die tipe man wat Boas was?
3. Volgens vers 11, wat merk Boas op oor Rut wat veroorsaak dat hy haar wil help?
4. Naomi noem Boas “een van ons lossers.” Wat bedoel sy hiermee?
5. In hoofstuk 1 sien ons dat Naomi waarlik worstel. Dink jy dat vers 20 'n verandering in perspektief en gesindheid aandui? Hoekom of hoekom nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com