RutVoorbeeld
Lees: Rut 2:8-13, Psalm 57:2
SOAP: 2:11-12
God beskerm sy kinders. Rut het haar geloof in God geplaas en weggedraai van die heidense gode van haar verlede. As gevolg daarvan het sy die Voorsienende sorg van die Magtige God beleef wat ons met Sy krag bedek en ons omring met Sy genade en liefde. Wanneer ons ons volle vertroue in God plaas, ervaar ons die beloning van Sy vrede en voorsiening.
Boas spreek 'n seën uit oor Rut, wat hy later gaan help om te vervul. Soms wys God ons 'n behoefte en vra ons om saam met Hom te werk om beskerming en voorsiening aan te bied vir dié wat seer het. Ons kan help om ander na 'n veilige hawe te lei en hulle aan te moedig.
As jy vandag seer het, gaan na jou Beskermer. Hy verlang om jou toevlug te wees, maar om hoop en genesing te vind moet eers ten volle vertrou dat Sy krag 'n veilige hawe vir jou sal bied.
Vader, dankie dat U ons toevlugsoord is. Help ons om U ten volle te vertrou en in U sorg te rus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
More
Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com