Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

DAG 3 VAN 14

Die pad vorentoe na gebed het vir my gekom deur op my geestelik-teologiese wortels terug te val. Tydens my eerste bediening in Virginia, en weer daarna in New York, het ek die belewenis gehad om uit Paulus se brief aan die Romeine te preek. In hoofstuk 8 skryf Paulus:

"Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: 'Abba!' Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is" (vers 15–16).

Die Gees van God verseker ons van God se liefde. Eerstens stel die Gees ons in staat om nader te kom en tot die grote God as ons liefdevolle Vader, te roep. Dan kom sy Gees en lewer saam met ons eie gees 'n direkte getuie dat ons kinders van God is en tot ons liefdevolle Vader uitroep. Ek het die eerste keer met hierdie verse te doen gekry toe ek die preke van D. Martyn Lloyd-Jones gelees het. Hy is ‘n Britse prediker en skrywer van die middel twintigste eeu. Hy redeneer dat Paulus geskryf het oor ‘n diepgaande ondervinding van die werklikheid van God. Uiteindelik het ek bevind dat die meeste moderne kommentare op die Bybel eens is dat hierdie verse beskryf, in die woorde van ‘n Nuwe Testamentiese kenner: “’n godsdienstige ervaring wat onbeskryflik is” omdat die versekering van liefde wat geanker is in God, ‘“raaiselagtig in die beste sin van die woord” is. Thomas Schreiner het bygevoeg dat ons nie “die emosionele basis van ervaring moet onderskat nie". “Party mense skram weg van hierdie idee af vanweë die subjektiwiteit daarvan, maar die misbruik van die subjektiewe in sommige kringe kan nie die 'mistieke' emosionele dimensies van ‘n Christelike ervaring uitsluit nie.”


Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Prayer: A 14-Day Devotional by Tim Keller

New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

More

Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com