Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld
Die rede hoekom die liefde van God in Christus oneindig wyd en oneindig lank is, is omrede dit oneindig diep is. Hoe diep is die liefde van God? Sonder Jesus Christus, sal ‘n gesprek oor die "diepte van God se liefde" bloot 'n abstrakte begrip wees. Sonder Jesus Christus kan God vir jou sestig boeke stuur waarop elke bladsy geskryf is: "Ek het jou innig lief. Ek het jou innig lief. Ek het jou innig lief," maar dit sal steeds 'n abstrakte konsep wees, nie 'n lewensveranderende werklikheid nie. Om werklik die diepte van God se liefde te verstaan, moet jy die dieptes verstaan waardeur Jesus gegaan het om jou lief te hê. Deur watter dieptes het Hy gegaan? “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Dit is hel. Hy is in die diepste put gegooi waarin iemand ooit ingegaan het en Hy het vrywillig ingegaan. Hy het af en af en af gegaan — na die dieptes. As gevolg van die evangelie kan jy weet dat God se liefde oneindig wyd en oneindig lank is omdat dit oneindig diep was.
Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.
More
Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com