Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld
Die enigste plek in die evangelies waar Jesus tot God gebid het en Hom nie Vader genoem het nie, was aan die kruis toe Hy gesê het: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Markus 15:34). Jesus het sy verhouding met die Vader prysgegee sodat ons ‘n verhouding met God kan hê as Vader. Jesus was vergete sodat ons vir ewig onthou kon word — van ewigheid tot ewigheid. Jesus Christus het al die ewige straf gedra wat ons sondes verdien. Dit is die prys van gebed. Jesus het die prys betaal sodat God ons Vader kon wees.
Miskien is jy in opstand oor iets wat jou eie pa of ma verkeerdelik aan jou gedoen het. Dit moet nie ‘n hindernis in die pad van gebed wees nie, want slegs in Christus sal jy die liefde kry wat nodig is om te vergoed vir jou ongelukkige familiegeskiedenis. Dit gaan nie help om te sê: “Hoekom was hulle nie die ouers wat hulle moes gewees het nie?” Geen ouers op hierdie aarde is volmaak nie. Psalm 27:10 (AFR83) sê: “Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.” Hierdie nuwe verhouding met God is wat jy nodig het as jy ‘n slegte verhouding met jou gesin het. Dit is wat jy nodig het as jy voel jy is ‘n mislukking, wanneer jy alleen voel of as jy voel dat jy in wanhoop wegsink. As gevolg van die oneindige prys wat jou broer, Jesus, betaal het, sal God jou Vader jou behoed en bewaar.
Gesprekke met God lei tot ‘n ontmoeting met God. Gebed is nie net hoe ons leer wat Jesus vir ons gedoen het nie maar ook die manier hoe ons “daagliks God se voordele ontvang”. Gebed verander teologie in ondervinding. Deur dit ervaar ons sy teenwoordigheid en ontvang ons sy vreugde, sy liefde, sy vrede en vertroue en daardeur word ons houding, gedrag en karakter verander.
Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.
More
Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com