Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld
Jesus is die Middelaar tussen ons en God (1 Timoteus 2:5; vgl. Hebreërs 8:6; 12:24). Alle antieke lande en kulture het tempels gehad, want die mense het instinktief geweet dat daar ‘n gaping, 'n wye kloof tussen ons en die goddelike was. God is groot en ons is klein — God is volmaak en ons is vol foute. Tempels was ‘n poging van die mensdom om daardie gaping te oorbrug. Opofferings en offerandes is gemaak en rituele is waargeneem deur professionele “bemiddelaars” (priesters) wat probeer het om die ver, afgeleë goddelikheid nader te bring. Al hierdie pogings is as gedeeltelik en onvolledig beskou. Geen godsdiens het beweer dat die gaping oorbrug kon word nie.
Aristoteles het byvoorbeeld gesê dat hoewel dit moontlik mag wees om die gode te vereer en te paai, dit ‘n saak van onmoontlikheid was om ‘n werklike intieme vriendskap met ‘n god te hê. Die filosoof het geredeneer dat vriendskap vereis dat beide partye gemeenskaplike belange as gelykes in die vriendskap moet hê. Hulle moet eenders wees. Aangesien God egter oneindig groter as die mens is, “bestaan die moontlikheid van ‘n vriendskap nie meer nie.”
Ons het egter nou die uiteindelike Middelaar en Hoëpriester om alle priesters te beëindig (Hebreërs 4:14 –15). Hy oorbrug die gaping sodat ons God as vriend kan ken (vgl. Eksodus 33:11). Dit is omdat die Seun van God geskape is om “… in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen” (Hebreërs 2:17). “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie” daarom is ons in staat om “... met vrymoedigheid na die genadetroon ...” van God te gaan (Hebreërs 4:15–16).
Hier is dus 'n bewering wat Aristoteles — en inderdaad al die ander filosowe en godsdienstige leraars van die wêreld — verregaande sou vind. Hoe kan God ons intieme vriend wees? Hoe kan ons tot Hom nader met volkome vrymoedigheid? Dit is omdat God soos ons geword het, ewe sterflik en onderworpe aan lyding en dood. Hy het dit gedoen sodat ons deur geloof vergewe en geregverdig kon word, ongeag ons pogings en verdienste. Daarom kan ons tot Hom nader.
Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller

Aangaande hierdie leesplan
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.
More
Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com