Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld
In die Nuwe Testament word die Drie-enige aard van God baie benadruk, maar daar is min plekke in die Bybel waar dit so direk verwoord word soos in Matteus 28:19 waar Jesus sy dissipels die wêreld instuur om mense te doop “in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.” In die Bybel staan daar nie “in die Name” nie maar verklaar eerder dat die Vader, Seun en Heilige Gees tesame 'n enkele Naam het. Vir ons is die term naam dalk net 'n etiket of 'n handelsmerk wat na goeddunke weggegooi of verander kan word, maar in Bybelse tye het dit die aard en wese van 'n persoon aangedui. Dit beteken die Vader, Seun en Heilige Gees deel ‘n goddelike natuur, dat hulle een wese is. Daar is net een God — nie drie nie. Alhoewel Paulus voortdurend praat van Jesus se goddelikheid en dat die volle wese van God in Hom beliggaam is (Kolossense 2:9), sê hy ook “dat daar ook geen God is nie, behalwe Een” (1 Korintiërs 8:4) — God het een natuur, naam en wese.
Die implikasies van die Drie-eenheid van God vir gebed is baie. Dit beteken dat God nog altyd in Homself ‘n volmaakte vriendskap gehad het. Die Vader, die Seun en die Heilige Gees aanbid mekaar, bewys verheerlikte liefde aan mekaar en skep behae in mekaar. Ons ken geen groter vreugde as om gelief te wees en in ruil daarvoor, liefdevol te wees nie, maar 'n Drie-enige God sou daardie liefde en vreugde in ondenkbare, oneindige omvang ken. God is dus oneindig, diep gelukkig, gevul met volmaakte vreugde — nie een of ander abstrakte rustigheid nie, maar die vurige geluk van dinamiese liefdevolle verhoudings. Om hierdie God te ken, gaan nie oor gedagtes en emosies wat ons moet hanteer nie, maar om met heerlike liefde en vreugde gevul te word.
Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2014 deur Timothy Keller

Aangaande hierdie leesplan
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.
More
Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com