Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim KellerVoorbeeld
Watter siening van gebed is die beter een?
Is vreedsame aanbidding of aanmatigende smeking die uiterste vorm van gebed? Hierdie vraag veronderstel dat die antwoord enige een van die twee kan wees, wat onwaarskynlik is.
Vir hulp moet ons eers na die Psalms (AFR83), die geïnspireerde gebedeboek van die Bybel, kyk. Daar sien ons dat beide vorms van gebed, soos hierbo, goed verteenwoordig is. Daar is Psalms 27, 63, 84, 131, en die “lang halleluja” van Psalms 146 –150 wat aanbiddende gemeenskap met God uitbeeld. In Psalm 27:4, sê Dawid dat daar een primêre ding is wat hy van die Here in gebed vra — “om sy goedheid te belewe”. Terwyl Dawid wel vir ander dinge gebid het, bedoel hy ten minste dat niks beter is as om die teenwoordigheid van God te ken nie. Daarom sê hy: "Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys” (Psalm 63:2–4). Wanneer hy God in sy teenwoordigheid aanbid, sê hy: "Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond” (Psalm 63:6). Dit is inderdaad gemeenskap met God.
Daar is egter nog meer Psalms van klagte, hulpkrete en van oproepe vir God om sy mag in die wêreld uit te oefen. Daar is ook skerp uitdrukkings van die ervaring van God se afwesigheid. Hier sien ons gebed inderdaad as 'n stryd. Psalms 10, 13, 39, 42–43, en 88 is 'n paar voorbeelde hiervan. Psalm 10 begin deur God te vra hoekom Hy so ver weg staan en Homself terugtrek in tye van nood. En dan skielik is daar 'n wending en die skrywer sê: "Kom tog, Here! Toon u mag, o God! Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie” (Psalm 10:12). Tog lyk dit of hy amper met homself sowel as met die Here praat. “En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar 'n einde aan . . . ook vir die weeskind is U 'n helper” (Psalm 10:14). Die gebed eindig met die psalmdigter wat buig voor God se tydsberekening en wysheid in alle sake, maar nog steeds 'n duidelike versoek het vir geregtigheid op die aarde. Dit is die worstelstryd van koninkrykgesentreerde gebed. Die psalmdigter bevestig dus beide die gemeenskap-soekende en koninkryk-soekende soorte gebed.
Geneem uit gebed deur Timothy Keller.
Herdruk met vergunning van Dutton, 'n lid van Penguin Group (USA) LLC, A Penguin Random House Company. Kopiereg © 2014 deur Timothy Kellerkind

Aangaande hierdie leesplan
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.
More
Baie dankie aan Dutton, 'n lid van Penguin Random House, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TimothyKeller.com