Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld
"No Little People"
"En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam ..." (1 Korintiërs 1:27).
Verrassing. Edi is 'n weduwee van Togo, Wes-Afrika wat 'n haarkapperonderneming besit. Dit sou maklik wees om in haar lewe vas te kyk teen die moeilike omstandighede wat sy al verduur het. Wanneer sy egter haar mond oopmaak, besef 'n mens gou dat Edi allesbehalwe desperaat is. Sy is aan die stuur van 'n kleingroepbediening waarby meer as honderd vroue in haar gemeenskap betrokke is en waar hulle saam bid, Bybelstudie doen en mekaar aanmoedig om geld te spaar. Hierdie jong vroue is maklike teikens vir mensehandel weens hulle ekonomies- en sosiaal-weerlose posisie, maar ook te danke aan Edi se werk, is dit besig om te verander. Die vroue leer hoe om hulself te onderhou, en Edi het ook byna almal van hulle na Christus gelei.
Paradoks. In "No Little People" vestig die skrywer Francis Schaeffer ons aandag op ons paradoksale plek in die wêreld: “Die Skrif leer ons dat daar veel uit min kan kom as daardie min werklik aan God gewy word. In die ware geestelike sin is daar geen mindere mense en geen meerderes nie, net dié wat baie toegewyd is en ander wat nie toegewyd is nie ... Diegene wat hulself beskou as mindere mense in mindere plekke kan, solank hulle toegewyd is aan Christus en hul lewens heeltemal onder sy heerskappy leef, deur God se genade die beloop van ons geslag verander." God neem dit wat vir die wêreld swak en onsinnig is, om die wyses van die wêreld skaam te maak, en gebruik dit om "wat iets is, tot niet te maak" (1 Korintiërs 1:28b). Hierdie agterstevoor manier van werk is die teenmiddel vir wêreldse roem.
Heerlikheid. God werk deur behoeftiges soos Edi. Dit is eenvoudig so dat God kies om sy koninkryk in plekke te openbaar waar die wêreld, in al sy trots, dit nie sou verwag nie. Hy doen dit onder diegene wat in die oë van die wêreld dwaas, swak, eenvoudig en veragtelik is. Hoewel nie almal van ons materiële armoede ervaar nie, is ons almal afhanklik van Christus se verlossingswerk. Hy werk in elkeen van ons se lewens, en verheerlik Homself in ons swakhede.
Vader, ons is swak, maar U is sterk. Bemoedig ons harte terwyl ons die behoefte om ons raaksien en wys ons wat ons het om te bied. Wys ons net so ook die gawes wat U aan elke behoeftige individu geskenk het. Wend ons offers van geld, tyd en vermoëns aan vir u doeleindes en tot u verheerliking.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".
More