Om te Help Sonder om te Skaad: Die Bybel en die ArmesVoorbeeld
Jou Wêreldbeskouing Maak Saak
"Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korintiërs 10:4b-5 AFR83).
Belangrikheid. Hoe ons dink, maak saak. Neem Rwanda as voorbeeld. Ten spyte daarvan dat meer as 80% van Rwandese gesê het hulle is Christene, het daar in 1994 'n burgeroorlog uitgebreek waarin die Hutu-meerderheid in 'n wrede volksmoord, van die Tutu-minderheid en Hutu-gematigdes, vermoor het. Ongeveer 800 000 mense is vermoor, baie deur hul bure, en 'n reeds arm volk is in anargie en geweld gedompel. 'n Tekort aan 'n diepgaande Christelike wêreldbeskouing wat gewortel is in die waardigheid van elke mens, geskape as die beeld van God, het tot gevolg gehad dat Christene in Rwanda deur tragedie en geweld oorweldig is.
Implikasies. James Sire definieer 'n wêreldbeskouing as "'n stel aannames wat ons oor die basiese samestelling van ons wêreld het." Rwandese Christene het 'n onvolledige wêreldbeskouing gehad, 'n private soort Christendom wat nie die diepgaande verdeeldheid en haat tussen stamme kon binnedring nie. Omdat hulle Christelike wêreldbeskouing onvolledig was, het hulle nie die implikasies van die Skrif en die evangelie vir hul lewens besef nie — en hulle is nie alleen nie. Talle van diegene in die kerk vandag, ongeag hulle inkomste- of opvoedingsvlak, het nog nie die verreikende implikasies begin begryp en uitleef wat die Bybel sê oor hoe ons behoort op te tree en te dink nie. Vir baie is geloof opgesluit in die hokkie van Sondaglofprysing en persoonlike vroomheid, maar ons moet dit uitlaat en toelaat om sy werk te doen. Ons moet "elke gedagte gevange [neem] om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (vers 5b) en ag slaan op die toepassing van die evangelie op élke area in ons lewens.
Uitnodiging. Hierdie kursus lei kerke in Rwanda op om spaargroep-bedienings as 'n hulpmiddel vir dissipelskap aan te wend. In hierdie groepe ervaar gemeenskapslede geestelike, sosiale, en finansiële herskepping deur die Skrif te bestudeer en daarin onderrig te word, saam te bid, en geld te spaar en te leen. Dit dring mense se wêreldsbeskouings binne en laat Christus se genesingskrag werk aan die verdeeldhede wat tot die volksmoord gelei het. "Spaargroepe is dikwels die ruimtes waar mense vergifnis gee en ontvang," verduidelik Emmanuel. Baie van die groepe het lede wat geliefdes in die volksmoord verloor het en sorg nou selfs vir die gesinne van mense wat vir hul misdade tydens die volksmoord in aanhouding is. Die krag van die evangelie is besig om hul wêreldbeskouings te verander en gevolglik hul verhoudings te herstel. So moet ons ook elke dag op die Bybel staatmaak om ons denke te vernuwe en ons toe te rus om die evangelie in ons lewens te beliggaam.
Vader, vergewe ons vir ons wêreldbeskouing wat so dikwels oppervlakkig is, en vir die kere wat ons nie u koninkryksperspektief en die gevolge daarvan raaksien of daarvolgens optree nie. Gee ons die denke van Christus om ander te sien soos U hulle sien, om volgens u woord te handel, en om geregtigheid te laat geskied vir diegene om ons.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel gee ons die opdrag om vir die armes en verdruktes te sorg. Kom verken die diepte van God se besorgdheid oor hulle, en hoe jy dalk sélf op hierdie roeping kan reageer. Elke dag sluit ’n ware verhaal of staaltjie, ’n Skrifgedeelte en oordenking, ’n uitdaging en ’n gebed in. Die oordenkings is geïnspireer deur, of aangepas uit Steve Corbett en Brian Fikkert se boek "When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor ... and Yourself".
More