Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter ReeksVoorbeeld
Die Melgisedek Priesterskap Punt 3
Gedagtes oor die Woord
Jesus is nie soos ander priesters nie.
-- Hy het die amp ontvang deur 'n eed van God – die Levitiese priesters het dit nie so ontvang nie.
-- Jesus se priesterskap bestaan vir ewig – Hy word nie deur die dood beperk nie.
-- Hy is 'n volmaakte hoëpriester – Hy het nie mislukkings wat Hy moet hanteer voordat Hy ons kan bedien nie.
-- Hy is 'n volmaakte hoëpriester gemaak deur alles waarvoor Hy gely het – nie net omdat Hy heilig gelewe het nie.
Daar is so baie om hieroor te sê. Ek gaan op twee punte fokus.
Hy lewe vir ewig. Dus kan Hy altyd vir ons van diens wees en vir ons intree. Daar is geen beperking op die tyd waarin Hy vir ons kan intree nie. Dit is die krag wat Jesus se priesterskap behels.
Tweedens, moet nooit vergeet om te strewe om perfek (volkome) te word nie, dit vereis om ander te dien en vir hulle te ly. As Jesus dit nodig gehad het, het ons dit ook nodig. Moenie bang wees om te ly nie – moenie daarna kyk as bloot 'n gevolg van die wêreld waarin ons lewe nie. Dit is vir ons nodig in ons strewe na volkomenheid.
Hoekom? Ek weet nie. As Jesus dit egter nodig gehad het, dan het ons dit ook nodig!
Gebed
Jesus, U is heilig en volmaak. Tog het die dinge wat U gely het, van U die volmaakte hoëpriester gemaak wat ek nodig het. U kan my deur enige iets help wat ek moet hanteer. Ek kan ook mense wat seer het na U toe bring. Hulle sal in U 'n vriend sien wat hulle kan verstaan. Ek bid ook dat U my sal bystaan in die moeilike tye waardeur ek gaan. Dit is nie so swaar as dit waardeur ander gaan nie, maar dit is vir my te moeilik. Ek vertrou op U, want U verstaan my en U tree vir my in, ongeag hoe ver ek afdwaal. Ek dank U daarvoor. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons begin Deel Vier van ons reeks oor Hebreërs met die derde waarskuwing: wees versigtig om nie van Jesus afvallig te raak nie. As ons Jesus en ons verhouding met Hom uit die oog verloor, het ons nie langer toegang tot die beter lewe wat Hy bring en alles wat daarmee gepaardgaan nie. Jesus is die groot Hoëpriester wat aan ons die nuwe verbond gee. Sonder Hom kan ons nie lewe, wandel of toegang tot God se beloftes kry nie.
More