Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter ReeksVoorbeeld

Die Versekering van God se Beloftes
Gedagtes oor die Woord
Sjoe, dis 'n groot bemoediging. Wees getrou. Wees lief vir die mense om jou. Moenie ooit vergeet dat God geduld beloon nie. Bo alles, onthou dat God sy beloftes hou — altyd.
Waarskuwings moet altyd met bemoediging gevolg word. Die streng waarskuwing in die vorige verse word dus met woorde van bemoediging gevolg. Die skrywer moedig hulle aan deur te sê dat hulle nie 'n laagtepunt van mislukking in hul lewens bereik het nie. In die verlede het hulle die liefde van God ten toon gestel (hulle weet hoe om op 'n Goddelike wyse te reageer), en hulle het alles wat nodig is om suksesvol te wees. Dit is iets wat ons moet onthou wanneer ons moeilike sake in mense se lewens of omstandighede moet aanroer.
Ten slotte, daag ek jou uit om aan 'n belofte te dink wat God jou gegee het — maar wat nog nie beantwoord is nie. Beoefen jou geloof met geduld. God sal sy belofte hou — Hy sal nooit nalaat om dit te hou nie.
Gebed
Vader, ek het beloftes wat U aan my gemaak het, maar wat nog steeds onbeantwoord is. Hoe kan ek gelowig daaraan vashou, terwyl ek vir U lewe en die mense om my liefhet? Dit voel vir my te veel om aan vas te hou. Ek laat net te dikwels een uit my hand glip. Soms laat val ek die belofte. Soms is ek so gefokus op die belofte dat ek die behoeftiges om my miskyk. Soms laat ek alles val omdat ek ontmoedig is. Vader, ek bid dat U my sal help. U arms is sterker as myne, — en u geheue is ook beter. Dankie. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons begin Deel Vier van ons reeks oor Hebreërs met die derde waarskuwing: wees versigtig om nie van Jesus afvallig te raak nie. As ons Jesus en ons verhouding met Hom uit die oog verloor, het ons nie langer toegang tot die beter lewe wat Hy bring en alles wat daarmee gepaardgaan nie. Jesus is die groot Hoëpriester wat aan ons die nuwe verbond gee. Sonder Hom kan ons nie lewe, wandel of toegang tot God se beloftes kry nie.
More
Verwante Leesplanne

Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5

Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7

Uitdagings om Vas te Hou —Jesus Is Groter Reeks #6

Jesus Wandel — Kom Jy? Jesus Is Groter Reeks #9

Voltooi Die Wedloop Van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #8

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

GAAN JY HOM MIS?

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
