Jesus: Die Groot Hoëpriester — Die Jesus Is Groter ReeksVoorbeeld
Die Melgisedek Priesterskap
Gedagtes oor die Woord
Hierdie hoofstuk gaan oor Jesus wat groter is as die Joodse priesterskap uit die stam van Levi. Onthou, hierdie boek gaan oor Jesus wat groter is as alles wat hulle verplig was om van hulle Joodse kultuurerfenis agter te laat.
Jesus is soos Melgisedek. 'n Hoëpriester wat deur Abraham geëer is en aan wie Abraham sy tiende betaal het. Selfs Levi het deur Abraham sy tiende aan Melgisedek betaal! Dit staan opgeteken in Genesis 14:18-20 indien jy daaroor wil lees. Die Joodse volk het egter die Levitiese priesterskap bo Jesus vereer – terwyl Jesus se priesterskap baie groter as die Levitiese priesterskap was. Hulle het vir Levi hoër geag as vir Jesus. Hulle het Jesus nie erken as Iemand wat deur Levi en Abraham geëer word nie. Hulle was blind om die geestelike aard van Jesus se priesterskap raak te sien.
Wat verg dit om iemand te herken wat geestelik groter is? Ons dink dit is maklik – dit is nie. Ons staar ons blind teen titels, gawes, roepings, mag en geestelike invloed – dit is egter nie die belangrike dinge nie. Dit is kinderlike geloof. Dit is mense wat in klein dingetjies getrou is. Dit is mense wat hulle vervolgers seën. Dit is mense wat ander in hulle pyn bystaan. Dit is mense wat almal dien ongeag hulle ras, geloof, agtergrond of stand. Dit is wonderlike mense – en ons sien hulle nie raak nie soos dit maar met ons almal gebeur – behalwe Abraham wat nie vir Melgisedek misgekyk het nie.
Gebed
Vader, wie om my is hierdie wonderlike geestelike mense wat ek miskyk omdat ek met fisieke oë en nie geestelike oë kyk nie? Help my vandag om mense te sien soos U hulle sien. Help my om hierdie mense te vereer as mense wat in U oë groot is.
Vader, help my om Jesus te sien en te erken as die grootste voorbeeld hiervan – die Een wat deur mense misgekyk is. Hulle het 'n man gesien – eerder as die Seun van God. Hulle het 'n geneesheer gesien in plaas van 'n genesende God. Hulle sien 'n deernisvolle man eerder as die God van deernis. Vader, wys my asseblief hoe om met U oë te sien. Alles sal deur u perspektief so anders lyk. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Ons begin Deel Vier van ons reeks oor Hebreërs met die derde waarskuwing: wees versigtig om nie van Jesus afvallig te raak nie. As ons Jesus en ons verhouding met Hom uit die oog verloor, het ons nie langer toegang tot die beter lewe wat Hy bring en alles wat daarmee gepaardgaan nie. Jesus is die groot Hoëpriester wat aan ons die nuwe verbond gee. Sonder Hom kan ons nie lewe, wandel of toegang tot God se beloftes kry nie.
More