Die Leerstellings Van GenadeVoorbeeld

The Doctrines Of Grace

DAG 3 VAN 5

Onvoorwaardelik Uitverkiesing

Onvoorwaardelike Uitverkiesing beteken God verlos ons as gevolg van sy opperheerskappy en niks wat ons kan doen sal dit ooit verander nie. Ons kan nie ons verlossing verdien nie, ons kan dit nie verloor nie, want ons is uitverkies en uitgesoek.

Die eerste ding wat mense gewoonlik sê wanneer ons die begrip van uitverkiesing bespreek, is dat dit nie regverdig is nie. Wanneer jy egter vanuit 'n Bybelse oogpunt daarna kyk, is die enigste onregverdige ding dat God sy Seun gestuur het om vir sondaars soos ek en jy te sterf. Eintlik verdien ons almal die hel, maar deur God se oppermagtige genade, het Hy sommige uitverkies. Die Bybel is baie duidelik oor hierdie saak in Romeine 9. Paulus verwys na die verhaal van Jakob en Esau wat in Genesis 25 vertel word. Paulus sê dan:

"Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: 'Die oudste sal die jongste dien.' Daar staan ook geskrywe: 'Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat'" Romeine 9:11-13. 

Die eerste gedagte wat by my opgekom het was, hoe is dit dan regverdig? Hoekom sou 'n liefdevolle God sommige uitverkies en nie ander nie? Die eerste ding wat ons egter moet onthou wanneer ons hierdie dinge bevraagteken, is dat ons vir God geskep is, tot sy heerlikheid en vir sy doeleindes, so eenvoudig is dit. God is oppermagtig.

Elke ding wat God doen het 'n doel. Soms verstaan ons nie, daar staan selfs in Deuteronomium 29:29 (NLV) dat "die geheime dinge vir die Here ons God is". Wat ons kan doen is om God in sy opperheerskappy te vertrou.

Nog 'n vraag wat dikwels na vore kom wanneer uitverkiesing bespreek word, is dié van evangelisasie. As God dus reeds uitverkies het wie Hy wil red, wat is die doel van evangelisasie dan? Die eenvoudige antwoord is gehoorsaamheid. Christus het ons nie slegs 'n opdrag vir evangelisasie gegee nie, maar ons weet nie vir wie God uitverkies het nie. God gebruik jou dalk as 'n instrument om ander na Hom te bring.

Deur Chelsi Woods

Besprekingsvrae vir jou joernaal:

  1. Wat was jou aanvanklike reaksie toe jy die eerste keer van die leerstelling van onvoorwaardelike uitverkiesing gehoor het? Hoe het jou siening nou verander — indien wel?
  2. Wat openbaar onvoorwaardelike uitverkiesing aan jou oor die hart van God? Wat is sy uiteindelike doel met uitverkiesing?
  3. Wat loop ons mis as ons nie in onvoorwaardelike uitverkiesing glo nie? Watter impak, in praktiese terme, maak dit in ons daaglikse lewe, indien enigsins?
  4. Net soos met die ander leerstellings van genade, moet onvoorwaardelike uitverkiesing ons na vreugde, dankbaarheid, nederigheid en aanbidding lei. Ervaar jy hierdie dinge? Indien nie, wat verhoed jou?


Lees meer oor Onvoorwaardelike Uitverkiesing 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Doctrines Of Grace

Hierdie 5-dag leesplan is 'n in-diepte studie oor die leerstellings van genade. T.U.L.I.P is 'n teologiese akroniem wat die opperheerskappy van God verhoog. Die verheerliking van God se genade, is die waarheid waaraan uitdrukking in die leerstellings van genade gegee word.

More

Ons wil graag vir Whole Magazine bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting kan jy hulle besoek by: http://www.thebiblicalcreative.com