Die Leerstellings Van GenadeVoorbeeld
Volharding van die Heiliges
Die Westminster Geloofsbelydenis beskryf Volharding van die Heiliges as: "Diegene wat God in sy Geliefde aanvaar het, daadwerklik geroepe is en geheilig deur sy Gees, kan nie heeltemal of finaal uit die toestand van genade val nie, maar sal beslis tot die einde volhard en vir altyd gered word." Johannes 10:28-29 sê: "Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie." Wat 'n fantastiese werklikheid is dit nie! Diegene wat waarlik gered is sal volhard tot die einde en nie hul verlossing verloor nie. Dit beteken nie God wag om te sien of ons tot die einde volhard, en indien nie, verloor ons ons verlossing. … "God regverdig ons ten volle deur die eerste opregte daad van reddende geloof, maar dit is die soort volharding wat vrug dra in 'gehoorsaamheid aan geloof' … God se doel is om sy uitverkorenes te laat volhard" (Om God te Begeer). Omdat ons deur God gebore is, is ons vir ewig veilig.
Die Westminster Geloofsbelydenis sê voorts "die volharding van die heiliges is nie afhanklik van hul eie vrye wil nie, maar van die onveranderlikheid van die bevel van uitverkiesing wat uit die vrye en onveranderlike liefde van die Vader voortvloei; op die doeltreffendheid van die verdienste en voorspraak van Jesus Christus, die blywende Gees en die saad van God in hulle, en die aard van die genadeverbond: van al hierdie dinge wat voortspruit uit die sekerheid en onfeilbaarheid daarvan." God se uitverkorenes kan almal die versekering hê dat hul redding deur God, die versoening van Jesus, die uitstorting van sy Gees en die aard van die genadeverbond van Hom afhanklik is … nie van hulleself nie (Jeremia 32:40). Wat 'n geseënde versekering het ons nie, te danke aan Jesus wat die straf vir ons sonde op Hom geneem het. Dit is Hy wat die voorsiening van ons volmaaktheid was.
Natuurlik sal ons as Christene wel sondig. Wat ons dan anders as die wêreld maak is dat ons die Gees in ons het — wat ons voortdurend heilig maak. Ons moet nie vrede maak met ons sonde nie; ons moet alle pogings aanwend om dit te haat. Dit is so vertroostend om te weet Christene kan nie geheel of finaal uit die staat van genade wegval nie. Te danke aan sy Gees in ons, kan ons tot die einde toe volhard (1Johannes 3:9). Dit is sy voortgesette werk in ons en nie ons toewyding aan die geloof nie, wat ons van 'n val bewaar (Filippense 1:6). My vriende, dank die Here vir sy Goddelike krag wat Hy in soveel genade aan ons gee sodat ons aan onsself kan sterf en in geloof, geregtigheid en begrip kan groei. Sedert ek na die Gereformeerde teologie gekom het, en die leerstellings van genade verstaan het, is die hoop van my verlossing in Christus alleen. Volgens die Skrif is dit sy genade en onvoorwaardelike uitverkiesing wat verseker dat niemand my uit sy hand kan ruk nie. Ek het opgehou om versekering van verlossing by myself te soek, want daarin is niks nie. Ek is 'n bedorwe sondaar wat onvoorwaardelik deur God uitverkies is, en my ewige veiligheid maak op die regverdiging staat wat God voorsien. God se behoudende genade syfer deur tot in die murg van my gebeente en my bestaan. Wanneer ek na Hom kyk, glo ek dat ek nooit uit sy ewige houvas op my sal val nie. Wanneer ons as Christene waarlik geloof in Jesus het, hoef ons nooit bekommerd te wees dat ons ons verlossing sal verloor nie. Om so te dink is onbybels en ondermyn die algehele regverdiging van sonde waarvoor Christus se dood vir jou betaal het. Romeine 8:30 sê: "Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik."
Deur Hannah Colton
Besprekingsvrae vir jou joernaal:
1. Hoe verstaan ons volharding verkeerd?
2. Die ewige lewe het met volharding te doen. Wanneer dit dus die ewige lewe betref, hoe dink jy daaroor?
3. Hoeveel volharding is van jou vermoëns afhanklik?
4. Wat is nodig vir volharding?
5. Wat bied hierdie leerstelling?
Lees meer oor Volharding van die Heiliges
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan is 'n in-diepte studie oor die leerstellings van genade. T.U.L.I.P is 'n teologiese akroniem wat die opperheerskappy van God verhoog. Die verheerliking van God se genade, is die waarheid waaraan uitdrukking in die leerstellings van genade gegee word.
More