Sewe Sleutels tot Emosionele HeelheidVoorbeeld
Sleutel 5: Deel Jouself met Ander
Te veel introspeksie van jou probleme en swakhede kan veroorsaak dat jy daarin vasval. As jy al ooit 'n ingroei toonnael gehad het, weet jy hoe net 'n klein ingegroeide deeltjie van jou fisieke liggaam, pyn kan veroorsaak. Hierdie selfde beginsel is van toepassing op jou geestelike en emosionele lewe. Jy kan na binne vasval en mettertyd groot skade aan jouself veroorsaak — dit alles om jouself te probeer ken of jou probleme reg te stel.
Die beste geneesmiddel vir baie emosionele probleme is om jou na buite te keer en aan ander te begin gee. Jy mag dalk sê: "Maar ek het niks om te gee nie." Elke persoon het iets om te gee, al is dit net 'n glimlag, 'n vriendelike woord of 'n klop op iemand se skouer in tye van nood. Soms kan net jou teenwoordigheid 'n geskenk aan iemand wees, veral vir diegene wat eensaam is, treur of aan 'n langdurige siekte ly. Die gelukkigste mense wat ek ken, is diegene wat vrygewige harte het en mildelik aan ander gee. Sulke individue is heeltemal veilig in God se liefde. Gee sonder om iets terug te verwag. God sien jou hart en wat jy doen ... en Hy sal jou dienooreenkomstig beloon. Vertrou Hom om vir jou te sorg.
Deur vrylik en vrygewig te gee, maak jy jouself oop. Hierdie oop houding voor God en ander mense is belangrik vir emosionele gesondheid. Wanneer jy jouself eers oopmaak, leer jy om te vertrou, en om te kan vertrou is noodsaaklik vir jou vermoë om God se vergifnis en genesing te ontvang, sowel as om te glo dat God in al jou behoeftes sal voorsien.
“Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet" (Matteus 10:8).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Daar is ten minste sewe hoofaspekte van heelheid betrokke by die soeke na die beste wat God vir jou emosionele lewe wil hê. Jy hoef dit nie in volgorde te hanteer nie. Sluit aan by Dr. Charles Stanley terwyl hy jou help om sleutelgewoontes in jou lewe in te bou wat jou sal help om toenemend in jou gees en emosies heel te word. Ontdek meer leesplanne soos hierdie een by intouch.org/plans.
More