Sewe Sleutels tot Emosionele HeelheidVoorbeeld

Seven Keys To Emotional Wholeness

DAG 4 VAN 7

Sleutel 4: Hou Op om met God te Onderhandel

Miskien dink jy as jy net hard genoeg werk en genoeg goeie dinge in jou lewe doen, sal jy God se goedkeuring verkry. Dit beteken jy probeer om goeie werke vir die Vader se aanvaarding te verruil. Die waarheid is, God aanvaar jou soos jy is, maar jy sukkel om sy liefde te aanvaar.

Jy mag dit dalk moeilik vind om die genade van God te aanvaar omdat jy nooit sy liefde ten volle ontvang het nie. Of jy is dalk so gewoond aan die gee-en-neem, koop-en-verkoop aard van ons kultuur dat jy aanvaar dat jy op dieselfde manier met God kan omgaan: U doen dit vir my, en ek sal dit vir U doen. God werk nie volgens daardie menslike beginsel nie.

Sy beginsel is om jou heeltemal te aanvaar wanneer jy sy vergifnis vra en sy wil doen. As Hy begeer om iets in jou lewe te verander, is sy tug geduldig en vriendelik (nooit bo jou vermoë om te hanteer nie) en sy liefde is bestendig (Hy weerhou of verwyder dit nooit nie). Jy kan nie jou pad tot die wil van God onderhandel nie, dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie.

Wat moet jou benadering wees in plaas van onderhandeling? Ek is bly jy het gevra! 

Vertrou op God.

Vra Hom waarna jy begeer, en vertrou Hom dan om jou gebed volgens sy wysheid en oneindige voorsiening te beantwoord. “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: 'Wat moet ons eet of drink of wat moet ons aantrek?' nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:31-33).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Seven Keys To Emotional Wholeness

Daar is ten minste sewe hoofaspekte van heelheid betrokke by die soeke na die beste wat God vir jou emosionele lewe wil hê. Jy hoef dit nie in volgorde te hanteer nie. Sluit aan by Dr. Charles Stanley terwyl hy jou help om sleutelgewoontes in jou lewe in te bou wat jou sal help om toenemend in jou gees en emosies heel te word. Ontdek meer leesplanne soos hierdie een by intouch.org/plans.

More

Ons wil graag In Touch Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.intouch.org/reading-plans