Sewe Sleutels tot Emosionele HeelheidVoorbeeld

Seven Keys To Emotional Wholeness

DAG 2 VAN 7

Sleutel 2: Versadig Jouself Met Die Skrif

Wanneer jy vergewe word, begin jy skoon voor God. Dit is egter nie genoeg om net 'n skoon blaadjie om te slaan nie. Jy moet die Here vra om sy waarheid op jou hart te skryf. Jy moet God se goedheid in jou ingeboesem hê. Jy verkry God se waarheid oor feitlik elke situasie deur sy Woord te lees. Jy moet jouself deurweek met wat God wil hê en op die gebied van emosionele gesondheid beteken dit dat jy jouself met God se wil vir jou versadig.

In die Skrif sal jy ontdek jy is:

· 'n Kind van God. Galasiërs 3:26-27 sê: “Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.” Ook 1 Johannes 5:1 verseker verder dat "Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is."

· Geheel en al deur God aanvaar. Om te verstaan ​​dat jy as kind van God geheel en al deur God aanvaar word, is die sleutel tot jou emosionele gesondheid. Handelinge 10:34-35 leer ons die volgende: “Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: 'Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.'"

· 'n Erfgenaam van die Vader deur Jesus Christus. Uiteindelik, die wete dat die Woord van God belowe dat jy deur Jesus Christus as sy kind sy erfgenaam is en dit gee jou gemoedsrus en verseker 'n stap in die regte rigting met betrekking tot jou emosionele gesondheid en welstand. Galasiërs 3:29 en Titus 3:7 belowe dat as ons aan Christus behoort, dan is ons Abraham se nageslag; erfgename volgens die belofte, en geregverdig deur sy genade, word ons erfgename volgens die hoop op die ewige lewe gemaak. 

Daar is baie ander beskrywings in die Skrif van die volk van God. Bepeins sy Woord en vra Hom om jou met sy wonderlike wil te verlig. Maak 'n lys hiervan of omkring dit terwyl jy daagliks jou Bybel lees. As jy deur Jesus Christus wedergebore is, is al hierdie beskrywings oor die kinders van God op jou van toepassing … neem dit en maak dit deel van jou profiel.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seven Keys To Emotional Wholeness

Daar is ten minste sewe hoofaspekte van heelheid betrokke by die soeke na die beste wat God vir jou emosionele lewe wil hê. Jy hoef dit nie in volgorde te hanteer nie. Sluit aan by Dr. Charles Stanley terwyl hy jou help om sleutelgewoontes in jou lewe in te bou wat jou sal help om toenemend in jou gees en emosies heel te word. Ontdek meer leesplanne soos hierdie een by intouch.org/plans.

More

Ons wil graag In Touch Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.intouch.org/reading-plans