Gebroke Kryte Kleur Steeds InVoorbeeld

Broken Crayons Still Color

DAG 5 VAN 5

Gedurende my kinderjare, was ek baie goed daarmee om my gebrokenheid weg te steek. Ek het gedink dat as mense geweet het wie ek regtig aan die binnekant was, sou hulle my verwerp.

Vervolgens het ek 'n diepe pyn gevoel en 'n leegheid wat skynbaar deur niks gevul kon word nie. Dit maak nie saak wat ek gedoen het nie, die pyn wou nie weg gaan nie. 

Uiteindelik het God my 'n beeld van my lewe gegee – Ek was 'n gebreekte koppie. 

Verskeie tragedies in my lewe het krake in my koppie en die gebrokenheid wat in my lewe gekom het verteenwoordig. In plaas daarvan om my gebreekte koppie, my pyn en gebrokenheid, na God te bring vir genesing, het ek egter probeer om dit self te hanteer.

Om dit as volg te illustreer: Ek het my gebroke koppie met water van verskillende bronne probeer vul om die leegheid wat ek binne my gevoel het te vul. Niks wat ek gedoen het kon dit egter bevredig nie, omdat my koppie gemaak was om slegs een soort water te kan hou, die lewende water van Jesus. Die soort water waarmee ek dit probeer vul het, het eenvoudig dreineer met tyd. So al het ek tydelike bevrediging ervaar, het dit nooit gehou nie.

Ek het aangevoel hoe God vir my sê: "Shelley, jy het twee sondes gepleeg: Jy het my verlaat, die fontein van lewende water, en dit maak nie saak wat jy doen nie, jy sal nooit tevrede wees weg van My af nie. Ek wil hê jy moet na my fontein van lewende water kom wat nooit droog loop nie. (Parafrase van Jeremia 2:13)

Ek is seker dat van julle al dieselfde gevoel het.

Ek het deur 'n tydperk in my lewe gegaan waar God my gevra het om my gebrokenheid oor te gee, my gebroke koppie vir Hom te gee vir genesing. Dit was 'n pynlike tydperk omdat ek sommige diep wonde van my verlede in die gesig moes staar. Mettertyd egter, soos wat ek my gebroke koppie aan God oorgegee het, het Hy al my gebroke stukkies in sy koppie gesit, sy koppie wat nie meer enige krake het nie en water kon inhou. Soos wat ek elke dag na Hom kom vir sy lewende water is my leegheid vervang met die ware bevrediging van Christus.

Wat sal gebeur as jy 'n koppie onder 'n waterval sit?

Die koppie sal gevul word met water en uiteindelik oorloop.

Dit is wat begin gebeur het met my hart. Soos wat ek elke dag gevul is met Christus, was ek nie net tevrede in Christus nie maar sy Heilige Gees het in my begin oorloop.

In plaas van om behoeftig te wees en na ander mense te gaan om goed oor myself te voel, het ek eintlik iets gehad om ander te gee. Ek het liefde gehad om te gee. Ek het vreugde gehad om te gee. Ek het bemoediging gehad om te deel.

Psalm 23:5 sê: "My beker loop oor."

Ek hou van hoe die Amplified Version, Classic Edition (AMPC) dit stel: “My [brimming] cup runs over.” Dit is 'n wonderlike prentjie van meer as genoeg hê.

My gebed is dat hierdie leesplan jou sal hoop gee en jy jou eie paadjie na vryheid en genesing sal begin.

As jy hierdie leesplan geniet het, moedig ek jou aan om in te teken vir die ekstras wat ek vir jou gemaak het:

  • Laai 7 van my hand-getekende inkleurprente af as 'n gratis PDF..
  • Laai die drukbare Skrif kaarte af wat met hierdie leesplan ooreenstem.

Jy kan hulle gratis hier aflaai: www.brokencrayonsbook.com 

Oorweeg om saam met 'n vriend deur my 7-week boek studie met die titel, "Broken Crayons Still Color" te gaan. Jy kan dit op Amazon of ander aanlyn handelaars vind.

Mag God werklik jou gemors in 'n meesterstuk verander!

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Broken Crayons Still Color

Dikwels gebeur dit dat die dinge wat ons sien as ons grootste berou, mislukkings en foute, die dinge word wat God die meeste gebruik in ons lewens. God herskep ons gebrokenheid in iets mooier as wat ons ons ooit kon verbeel. Hy vat ons gemors en skep 'n meesterstuk. God is die kunstenaar en ons lewe is sy skilderdoek. Wat gaan jy Hom toelaat om te skep van die gebroke stukke in jou lewe?  In hierdie 5-dag leesplan sal jy die Skrif lees en beter verstaan hoe gebroke kryte nog steeds inkleur. 

More

Ons wil graag dankie sê vir Body and Soul Publishing LLC wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://brokencrayonsbook.com