Gebroke Kryte Kleur Steeds InVoorbeeld
Liggaamsbeeld probleme is so algemeen in ons kultuur vandag. Die meeste tiener meisies en vroue waarmee ek praat sukkel met liggaamsbeeld. Selfs mans voel die druk om 'n sekere manier te lyk.
Hier is een liggaamsbeeld leuen wat ons dikwels glo:
As ek ____________ ( vul die spasie in) van my liggaam kan verander, sal ander my uiteindelik aanvaar en sal ek myself kan aanvaar.
As jy een ding van jou fisieke voorkoms kan verander, wat sou dit wees?
Ek weet wat my antwoord is sonder om eers daaraan te dink. Die ding waarmee ek die meeste gesukkel het is aknee en die littekens wat dit agter gelaat het.
Ek het seker alles probeer van Mary Kay tot Proactiv tot Arbonne tot aanvulllings en vitamine tot hormoon room, my dieet verander, ens.
Niks het gewerk nie.
Een dag het ek gevoel dat God my uitgedaag het om te gaan uiteet saam met my man, sonder om 'n druppel grimering te dra.
Uitgaan in die publiek sonder enige grimering? Daar is nie 'n manier nie.
Ek het dus vir God gevra: "Is U seker U wil hê ek moet dit doen?"
Sien, ek het grimering gebruik as 'n manier van self beskerming en om beter te voel oor myself. Om dus te gaan uiteet sonder enige grimering het letterlik gevoel asof ek die huis kaal verlaat! Wat 'n verleentheid en hoe afbrekend.
Na 'n bietjie weerstand, het ek uiteindelik God gehoorsaam daardie aand en sonder 'n teken van grimering gegaan. Na 'n paar minute kon ek dit nie meer uithou nie, toe vra ek my man of hy enigiets anders opgemerk het aan my voorkoms.
Hy het na my gekyk en huiwerig gesê: "Jy dra 'n nuwe kopband?"
Ek het geantwoord: "Ja, ek dra 'n nuwe kopband, maar sien jy enigiets anders raak aan my voorkoms?"
Hy het gesê:"Nee, ek sien niks."
Toe ek hom vertel dat ek nie enige grimering dra nie, het hy gereageer met: "Ek dink in elk geval jy lyk mooier sonder al daardie aangekoekte grimering."
Hoe ironies.
Ek het blootgestel, kaal en selfbewus gevoel, maar hy het dit nie eers opgemerk nie. Hy het in werklikheid my natuurlike skoonheid bevestig.
Wat ek geleer het van daardie eksperiment is dat meeste mense nie my onvolmaakthede so erg opmerk soos wat ek doen nie. Ek is soveel erger op myself as wat enigiemand anders ooit kan wees.
Die waarheid is dat my waarde van God af kom, my Maker, en nie van my voorkoms en wat ander van my dink nie.
Die oomblik toe God begin het om my hart te genees op die gebied van liggaamsbeeld, het 'n innerlike skoonheid deur my oë, my glimlag en persoonlikheid begin straal. Nou vertel meeste mense my dat hulle nie eers my aknee littekens opmerk nie.
Ek sien nog steeds al my onvolmaakthede. Ons is ons eie ergste kritici. Ander sien ons dikwels baie anders as wat ons onsself sien.
As ons Hom egter toelaat, sal God ons onvolmaakthede — ons gebroke kryte — vat en iets mooi, 'n meesterstuk, skep.
Gebed:
Here, ek dank U dat ek perfek en wonderlik gemaak is. Al skree die wêreld dat ek nie goed genoeg en op standaard is nie, kies ek om my waarde in U te vind. Dankie vir u geduld met my en dat U saam met my tree vir tree loop deur hierdie reis. Ek is lief vir U. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dikwels gebeur dit dat die dinge wat ons sien as ons grootste berou, mislukkings en foute, die dinge word wat God die meeste gebruik in ons lewens. God herskep ons gebrokenheid in iets mooier as wat ons ons ooit kon verbeel. Hy vat ons gemors en skep 'n meesterstuk. God is die kunstenaar en ons lewe is sy skilderdoek. Wat gaan jy Hom toelaat om te skep van die gebroke stukke in jou lewe? In hierdie 5-dag leesplan sal jy die Skrif lees en beter verstaan hoe gebroke kryte nog steeds inkleur.
More