Gebroke Kryte Kleur Steeds InVoorbeeld
Ek dink diep in ons binneste het ons almal die verlange om êrens te behoort en aanvaar te word.
Ek het op hoërskool dwarsfluit gespeel en was eintlik redelik talentvol. Ek is gekies om eerste stoel in die dwarsfluit afdeling in die orkes te wees in my eerste jaar.
Ek glo ek het 'n gawe gehad.
Om in die orkes te wees was egter nie gewild by my skool nie. Kinders het ons selfs name genoem en gespot met ons. Een van die name wat hulle ons genoem het was 'n vernederende term: "Orkes Moffies."
Basies is ek geboelie omdat ek die gawe van musiek gehad het.
Ek het 'n gawe gehad wat ek glo God my gegee het; ek het egter soveel druk ervaar en wou so graag inpas by my portuurgroep dat ek opgehou het met die orkes na my eerste jaar. Tot vandag toe kry ek trane in my oë wanneer ek dink aan die verspeelde geleenthede en alles wat ek opgegee het eenvoudig omdat ek êrens wou behoort.
Ek het so baie God-gegewe potensiaal gehad, maar ek het toegelaat dat die verwerping van ander die verloop van my lewe beïnvloed.
Ek het weggekruip.
Ek het terug gekrimp.
Dit herinner my aan die gelykenis van die talente in Matteus 25:14-30. Die persoon wat een talent gegee is het gesê: "Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe" (Matteus 25:25).
Ek dink baie keer gebeur dieselfde met ons: ons is bang en kruip daarom weg.
Ons mag bang wees vir verwerping. Ons kan dalk vrees dat ons 'n uitgeworpene word. Ons mag dalk mislukking vrees.
Ek glo dat elkeen van ons gawes ontvang het van God.
My tema vers vir my besigheid is Matteus 5:14-16, wat sê:
“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Waarom moet ons ons lig laat skyn?
Ons laat ons lig skyn sodat almal ons Hemelse Vader sal prys.
Dit gaan nie oor self-gesentreerd of hoogmoedig wees nie. Dit gaan daaroor om God die eer en lof te gee wat Hy verdien oor die gawes wat Hy ons gegee het.
Sommige dae voel dit asof ons nie genoeg is nie. Ander dae voel ons asof ons te veel is.
Ek wil egter elkeen van julle vandag bemoedig om gewillig te wees om julle gawes opnuut aan God te gee. Vind jou aanvaarding in die Een wat jou gemaak het. Jy is geliefd.
- Jy word nie gedefinieer deur die opinies van ander nie.
- Jy word nie gedefinieer deur jou vorige foute nie.
- Jy word nie gedefinieer deur jou suksesse of mislukkings nie.
In Christus:
- Is jy genoeg.
- Is jy waardevol en geliefd.
- Is jy wonderlik en volmaak geskep.
Wees gewillig om uit die skaduwees te stap. Selfs al voel jy steeds verworpe. Selfs al het jy baie foute gemaak. Selfs as jy steeds aan God se liefde twyfel.
Jy het lank genoeg weggekruip.
Dit is tyd om jou lig te laat skyn!
Aangaande hierdie leesplan
Dikwels gebeur dit dat die dinge wat ons sien as ons grootste berou, mislukkings en foute, die dinge word wat God die meeste gebruik in ons lewens. God herskep ons gebrokenheid in iets mooier as wat ons ons ooit kon verbeel. Hy vat ons gemors en skep 'n meesterstuk. God is die kunstenaar en ons lewe is sy skilderdoek. Wat gaan jy Hom toelaat om te skep van die gebroke stukke in jou lewe? In hierdie 5-dag leesplan sal jy die Skrif lees en beter verstaan hoe gebroke kryte nog steeds inkleur.
More