Gebroke Kryte Kleur Steeds InVoorbeeld
In 2006 het ek gevoel dat God my lei na 'n bediening vir tiener meisies, maar ek het nie gedink God kon my gebruik nie.
Van 2002 tot 2004 was ek vasgevang in seksuele sonde. Nie net enige seksuele sonde nie, maar ek was verslaaf aan pornografie as 'n Christelike getroude vrou.
Die gedagtes in my kop het my gepynig. Ek het gedagtes gehoor soos "Onnosel, onnosel, onnosel! Jy het beter geweet, hoe kon jy?"
Net soos ons ander behoort te vergewe wat teen ons sondig, glo ek dat ons ook nodig het om onsself te vergewe. 'n Groot gedeelte daarvan is om God se volle vergifnis van ons sondes te aanvaar.
Ja, ons moet ons sondes bely teenoor Christus. Dit is die eerste stap.
Ek het egter al klaar daardie stap geneem. Ek het nie net my sonde bely nie, maar ek het my waarlik bekeer. Bekering beteken om weg te draai van jou sonde en in die teenoorgestelde rigting te begin stap.
Ek was nie meer aktief betrokke in pornografie nie. Ek het berading gaan soek en hulp gekry, ek het 'n aanspreeklikheidsvennoot gehad, ek het filters op my rekenaar geaktiveer en God het my die krag gegee om waarlik te verander.
Maar ek het myself steeds as vuil en gebroke gesien.
Al waaraan ek kon dink was die foute wat ek gemaak het en ek het gewens ek kon terug gaan en beter besluite maak. Ander besluite.
Gedagtes wat begin met "As ek maar net" het dikwels by my gespook.
My berou was baie diep en het my gevange gehou.
God wou egter my gebrokenheid gebruik vir sy heerlikheid.
Hy wou hê dat ek moes weet dat ek heeltemal vergewe was!
Die ou Shelley was weg. Ek was 'n nuwe skepsel.
As ek Hom sou toelaat, sou God begin om 'n pragtige meesterstuk te verf met die gebrokenheid van my lewe.
Lewe jy met die swaar gewig van skaamte en berou van jou verlede?
Voel jy dat God jou nooit kan gebruik nie as gevolg van die dinge wat jy gedoen het of die dinge wat aan jou gedoen is?
Indien wel, is die eerste stap vergifnis.
Daardie dag in 2006, het ek God duidelik in my hart voel sê: "Shelley, jy het ander vergewe, maar jy het nog nie jouself vergewe nie. Dit is tyd om die skuldgevoel te laat gaan en jouself te vergewe."
Dit was waar.
Ek het nodig gehad om myself te vergewe.
Die oomblik toe ek dit gedoen het, is 'n gewig van my af gelig terwyl die trane oor my wange stroom. Ek was vergewe en ek kon aanbeweeg.
Kort daarna het God my gebruik om 'n bediening vir tiener meisies te begin wat duisende meisies wêreldwyd beïnvloed het en dit vandag nog steeds doen.
Jy sien, gebroke kryte kleur steeds.
Gebed:
Here, ek wil vry wees van enigiets wat my belas en die sonde wat my so maklik verstrik. (Hebreërs 12:1–2). Ek gee my hart, gedagtes en wil aan U oor. Help my om gewillig te wees om die sonde in my lewe te hanteer wat my weghou van U en my geestelike groei verhinder. Ek erken u krag om enige sonde te vergewe en my te help om waarlik te bekeer. Ek kies om u vergifnis te aanvaar en alle skuldgevoel en skaamte te laat vaar. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Dikwels gebeur dit dat die dinge wat ons sien as ons grootste berou, mislukkings en foute, die dinge word wat God die meeste gebruik in ons lewens. God herskep ons gebrokenheid in iets mooier as wat ons ons ooit kon verbeel. Hy vat ons gemors en skep 'n meesterstuk. God is die kunstenaar en ons lewe is sy skilderdoek. Wat gaan jy Hom toelaat om te skep van die gebroke stukke in jou lewe? In hierdie 5-dag leesplan sal jy die Skrif lees en beter verstaan hoe gebroke kryte nog steeds inkleur.
More