Wees Die Hande En VoeteVoorbeeld

Be the Hands And Feet

DAG 5 VAN 5

"Wie het jy saamgebring?"

Ek het hierdie herhalende droom dat ek eendag voor God gaan staan en Hy my twee vrae sal vra: 

Die eerste: "Ken jy My?"

Die tweede: "Wie het jy saamgebring? 

Ek dink die eerste vraag het ten doel om my Christelike identiteit vas te stel. Die tweede is om seker te maak of ek die hoofopdrag vir alle Christene op aarde nagekom het. 

Matteus 28 beskryf hoe die opgestane Jesus op 'n berg in Galilea gestaan en sy volgelinge opdrag gegee het om na alle nasies te gaan, mense sy dissipels te maak en hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees te doop. Ook in Markus 16:15 het Hy vir hulle gesê om deur die wêreld die evangelie aan die hele mensdom te verkondig.

Hierdie aanwysing van Jesus Christus, ons opgestane Verlosser, is bekend as die groot sendingopdrag. Ek het dit my doelwit gemaak en ek moedig elke Christen wat ek ontmoet en elke kerk wat ek besoek aan om dit elke dag as 'n sentrale doelwit te behou. 

God is minder geïnteresseerd in getalle en meer geïnteresseerd in siele. Ek glo, as Christene, is ons hoofopdrag nie om die grootste kerke te bou en dit met gelowiges vol te pak nie. Ons doelwit is om by verlorenes uit te kom — die ongelowiges en hulle wat nog nie die goeie nuus gehoor het nie. 

Ongelowiges kom nie kerk toe nie, dus moet ons na hulle toe gaan. Ons moet tree vir tree inligting, motivering en inspirasie aan hulle gee. Ons kan hulle nie net inlok en dan verwag dat hulle betrokke sal bly nie. Ons moet aan hulle alle ondersteuning en bemoediging gee wat hulle nodig het om 'n vaste en blywende fondament in geloof te bou. Ons moet hulle help om regdeur hulle lewens op die regte pad te bly.

Ons moet egter die Heilige Gees 'n kans gee om ons te lei, want ons is werktuie in sy hande. In plaas daarvan om op ons verskille te fokus, moet ons eerder klem lê op dít wat ons in gemeen het. Jesus het ons almal gered. Hy is Heer. Daar is baie verlorenes. As Christene moet ons ons kragte saamspan om maniere te kry hoe ons na daardie verlore siele kan uitreik en hulle red. Ons moet na die vier uithoeke van die aarde gaan om van almal dissipels te maak. 

Wat doen jou kerk om dissipels te maak? Hoe sou Nick se oproep om die groot sendingopdrag uit te leef jou daaglikse gedagtes, woorde en dade verander?

 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Be the Hands And Feet

Nick Vujicic is wêreldwyd bekend as die man sonder arms en bene, wat 'n aansteeklik positiewe gesindheid het. Soos Nick met ons deel in "Be the Hands and Feet," is niks in sy lewe so lonend as om Jesus aan mense bekend te stel wat Hom nog nie ontmoet het nie. Wat behels dit? Hierdie vyf-dag leesplan gee ons 'n blik op die kern van Nick se boodskap en inspireer ons om ons geloof in Jesus met 'n wêreld te deel wat hoop desperaat nodig het.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/236025/be-the-hands-and-feet-by-nick-vujicic/