Wees Die Hande En VoeteVoorbeeld

Be the Hands And Feet

DAG 3 VAN 5

Moenie Net 'n Passasier In Die Boot Wees Nie

Om ander te inspireer om Christene te word, moet jy na mense uitreik en hulle motiveer om aan die belangrikheid van God in hulle lewens te dink. Jy moet dit biddend en met wysheid doen. Jy moet jou benadering vir elke individu aanpas, omdat ons almal verskillende persoonlikhede en ervarings het.

Te veel mense is al afgeskrik deur oorywerige Christene wat klaarblyklik goeie bedoelings het, maar wat sonder weldeurdagte strategieë uitgereik het. Hulle mag dalk as opdringerig en meer gesteld op hulle eie agendas voorgekom het as oor die gevoelens en oortuigings van die mense met wie hulle gepraat het. 

Ander bid vir herlewing. Terwyl hulle bid en wag, vergeet hulle egter om die basiese ding te doen wat God van ons gevra het — om ander te vertel dat Hy leef. Ons sê: "God beweeg." God sê: "Ek sal deur jou beweeg wanneer jy beweeg." Persoonlik wil ek net die mandaat vervul om die evangelie te verkondig en te sien dat mense na Jesus toe kom, 'n aktiewe verhouding met Hom begin en ware volgelinge van Hom word. 

Ek glo dat alle Christene 'n verantwoordelikheid het om hulle geloof te deel en ander na Christus toe te bring. Sy volgelinge is immers "vissers" van mense. Ons kan nie net passasiers in die boot wees nie. Ons moet ons lyne uitgooi, want daar is 'n hele oseaan van mense wat die verlossende krag van God se liefde nodig het. 

Toe ek vir my pa vertel dat ek 'n boek met die titel Wees die Hande en Voete skryf, het hy gesê: "Mense dink evangelisasie is ingewikkeld, maar dit is glad nie ingewikkeld om te evangeliseer nie. Ons moet gereed wees om ons geloof te eniger tyd te deel en dit kom daarop neer om van aangesig tot aangesig met iemand te gaan sit en net mens te wees. Vertel hulle wat Jesus vir jou beteken, hoe Hy jou lewe verander het en hoe om 'n gelowige te wees." 

Volgelinge van Jesus moet méér wees as net goed en vriendelik. Ons moet kragtige boodskappe hê om te deel. My gebed is dat jy jou eie manier sal vind om te doen wat die beste by jou pas en ons hemelse Vader die beste sal dien. 

Is jy al ooit afgeskrik deur iemand wat jou probeer "evangeliseer" het? Wat was dit wat jou nie aangestaan het nie? Wat kon jy daaruit leer oor hoe om jou geloof met ander te deel?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Be the Hands And Feet

Nick Vujicic is wêreldwyd bekend as die man sonder arms en bene, wat 'n aansteeklik positiewe gesindheid het. Soos Nick met ons deel in "Be the Hands and Feet," is niks in sy lewe so lonend as om Jesus aan mense bekend te stel wat Hom nog nie ontmoet het nie. Wat behels dit? Hierdie vyf-dag leesplan gee ons 'n blik op die kern van Nick se boodskap en inspireer ons om ons geloof in Jesus met 'n wêreld te deel wat hoop desperaat nodig het.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/236025/be-the-hands-and-feet-by-nick-vujicic/