Wees Die Hande En VoeteVoorbeeld
'n Opdrag om Lief te Hê
Soms is ongelowiges baie goeie redenaars. Hulle wil jou geloofsoortuiging toets. Jy moet dus altyd voorbereid wees en oor 'n sekere vlak van kennis beskik om ander op 'n gemaklike manier van Jesus te vertel.
Terselfdertyd moet jy nie mislei word om te dink dat God jou nie kan gebruik omdat jy nie alles weet nie. As ons tot bekering kom, is ons vuur en vlam om almal van Jesus te vertel. Daardie vuur neem egter soms af as ons voel dat ons 'n in-diepte kennis van die Skrif behoort te hê voor ons met ander oor Jesus praat.
Ek en my susterskind, Daniel, het al baie gesprekke oor geloof gehad. Hy is een van die kundigste, intelligentste, egste mense wat ek ken. Hy sal jou altyd sê wat hy dink. Sommige mense wil redeneer omdat hulle dit geniet. Ek dink nie Daniel is so nie. Hy dink logies en wil weet waarom God nie altyd optree as ons dink Hy moet nie, soos om hongersnood en lyding te verlig.
Daniel opper altyd goeie vraagstukke. Ons geniet die gesprekke, al is dit soms hewig. Ons sluit altyd ons gesprekke met 'n drukkie en 'n Europese soen op die wang af.
Daniel se broer het my vertel, die feit dat God nie vir my ledemate gegee het nie, is een van die redes waarom my familie aan God se goedheid twyfel. My susterskind kan nie aanvaar dat 'n liefdevolle God my, sy toegewyde volgeling, sonder ledemate laat nie.
Ek het probeer verduidelik dat pyn, siekte, gebrek en dood in die wêreld gebring is deur sonde en die Satan self. Ons gebrokenheid, seerkry en skuldgevoelens kan vir 'n goeie doel deur God, ons Verlosser, gebruik word. God gebruik dikwels die dinge wat betreurenswaardig is om ander te help om die ware hoop, liefde en vrede te sien wat ons deur God kan ervaar, selfs te midde van moeilike tye.
My doel is nie om Daniel, of enigiemand anders, te bekeer nie. Inteendeel, my doel is om hom en almal lief te hê en aan te moedig om Jesus te volg. Dit gaan nie daaroor dat ek Daniel gefaal het nie; dit gaan daaroor of ek my hemelse Vader faal as ek nie praat wanneer Hy my vra om dit te doen nie. God se liefde verander nooit nie. Ek wil Hom dien en toesien dat ander bevry word sodat hulle hul doel, pad en vryheid kan vind.
Wie is een persoon in jou lewe wat op hierdie oomblik van Jesus te hore moet kom? Hoe kan jy die gesprek met hom of haar aan die gang sit?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nick Vujicic is wêreldwyd bekend as die man sonder arms en bene, wat 'n aansteeklik positiewe gesindheid het. Soos Nick met ons deel in "Be the Hands and Feet," is niks in sy lewe so lonend as om Jesus aan mense bekend te stel wat Hom nog nie ontmoet het nie. Wat behels dit? Hierdie vyf-dag leesplan gee ons 'n blik op die kern van Nick se boodskap en inspireer ons om ons geloof in Jesus met 'n wêreld te deel wat hoop desperaat nodig het.
More