Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 26 VAN 47

Herstel: Wees lief vir jou naaste

Hemelse Vader

Wanneer die gewoel van die lewe ons aandag aflei van die nood om ons,
help ons om ons naaste lief te hê.

Wanneer selfsugtigheid ons daarvan weerhou om 'n helpende hand te bied,
help ons om ons naaste lief te hê.

Wanneer die hoeveelheid nood in die wêreld te veel lyk,
help ons om ons naaste lief te hê.

Wanneer die wêreld om ons onverskillig staan of vyandiggesind is,
help ons om ons naaste lief te hê.

Omdat u liefde groter is as wat ons ooit kan besef,
help ons om ons naaste lief te hê.

Amen.

Gideon Heugh, Tearfund

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org