GesindheidVoorbeeld
Om Afguns Teen Te Staan
Waarom beny ons ander hul geluk en goed? Want ons is trots; ons sou graag die enigste besitters van talente, rykdom en van die agting en liefde van die hele wêreld wou wees!— St. John Vianney
Verander jou gesindheid ooit wanneer sekere mense opdaag? Ons gesindheid word deur ons idees en gevoelens oor dinge en mense beïnvloed; dus maak dit sin dat sommige mense ons dalk meer opgewonde maak as ander. In plaas daarvan om op God se seëninge in ons eie lewens te fokus, kyk ons na wat God vir iemand anders gedoen het en sê: "Ek wens dit was ek." Dít is die gevoel van afguns.
Afguns is die begeerte om te hê wat iemand anders het, en dit kan tot gevaarlike veranderinge in gesindheid lei, insluitend om 'n wrok teenoor iemand te koester.
Afguns is 'n tema van een van Jesus se bekendste gelykenisse: die gelykenis van die verlore seun. In hierdie verhaal is 'n jong man gretig om sy pa se rykdom te ontvang en vra vroeg vir sy erfporsie. In daardie tyd en kultuur sou so 'n versoek die indruk geskep het dat hy wens sy pa het reeds gesterf. Afguns kan tot hierdie soort gedrag lei — om mense net op grond van hul goed en sukses te waardeer.
Die seun verkwis die rykdom wat hy eens beny het deur 'n lewe bo sy vermoë te lei. Wanneer hy besef hy het die einde van die pad bereik en dat hy beter daaraan toe sou wees as 'n slaaf in sy pa se huis, keer hy verslae terug. Jesus se verhaal bevat 'n kinkel. Eerder as om sy seun weg te wys, hardloop die pa na sy seun, omhels hom en hou 'n luukse partytjie om hom tuis te verwelkom.
Afguns is egter nog nie klaar nie. Die jong man het 'n ouer broer wat kyk hoe dit alles afspeel. Die ouer broer is so diep gegrief oor die genade wat aan sy broer betoon is, dat hy sy pa verwyt en die hele partytjie mis. Wanneer ons toelaat dat afguns ons siening van ander inkleur, kan ons onwetend ons visie van die oorvloed van ons hemelse Vader se genade blokkeer.
Genade is genoeg. Wanneer ons met die gevoel van afguns gekonfronteer word, hoef ons nie toe te laat dat dit ons gesindheid beïnvloed nie. Die vader in Jesus se verhaal het toegelaat dat genade en oorvloed sy gesindheid teenoor sy seun vorm, en ons kan dieselfde doen — maak nie saak vir wie ons sukkel om lief te wees nie. Ons hemelse Vader is lief vir ons én die persoon wat ons beny met dieselfde oordadige liefde. Hoe trotseer ons afguns? Deur genade te ontvang en te gee.
Aan wie sal jy hierdie week genade bewys? Op watter maniere het jy nodig om genade te ontvang?
Bid: Vader, dankie dat u seëninge op almal val. As daar enige afguns in my hart is, help my asseblief om dit aan U oor te gee. Help my om U des te meer lief te hê omdat U 'n hart het wat seën, in plaas daarvan om u goedhartigheid teenoor ander te kritiseer. Laat my duideliker bewus wees van u diepe genade vir my en tevredenheid daarin vind. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.
More