GesindheidVoorbeeld
Al was Hy God
Om 'n goeie dienskneg te wees, moet 'n mens hom eers met groot nederigheid in die liefde van Christus vestig.— Basil of Caesarea
In vandag se Bybelverse leen Paulus 'n ou gesang om te demonstreer hoe volmaakte nederigheid lyk. Jesus, al was Hy God, het na die aarde neergedaal en mens geword. Hy het vir ons aan die kruis gesterf en Homself opgeoffer vanweë sy groot liefde vir ons. Jesus vertoon aan ons die optimale gesindheid van nederigheid — hoe kry óns dit?
Paulus het die kwessie van vergelyking tussen Christene aangespreek, in sommige gevalle as gevolg van verskille in godsdienstige agtergrond of sosio-ekonomiese status. Baie van ons ervaar vandag nog 'n soortgelyke probleem. Het jy al ooit gevoel hoe jou gesindheid negatief word wanneer jy jouself met iemand anders vergelyk? Het jy al ooit iemand ánders behandel omdat hulle meer of minder geld as jy het? Raak jy ooit gefrustreerd deur mense wat anders lyk, optree of praat as jy?
Wanneer ons onsself met ander vergelyk, word dit makliker om uit die oog te verloor hoe waardevol elke mens in God se oë is. Vanuit God se perspektief is elke mens na sy beeld gemaak, elkeen word ten volle deur Hom liefgehê, en elkeen is Jesus se lewe werd. Wanneer ons ander met enige ander denkraamwerk nader, tree ons buite die nederigheid op wat deur Jesus vertoon is, en sodoende nooi ons verhoudingspyn en onnodige seerkry in ons lewens in.
’n Gesindheid van nederigheid kan alles verander. Dit help ons om ander hoog te ag en nooi hulle uit om hulself te sien soos Jesus hulle sien. Prakties kan die beoefening van nederigheid die vorm aanneem van standpunt in te neem teen grappies oor jou kollega, om seker te maak dat almal by 'n tafel voorgestel word, om verskoning aan jou kind te vra, of om saam met iemand te sit wat alleen is. Dit kan beteken om seëninge toe te bid vir mense met wie jy nie saamstem nie en om hul standpunte te probeer verstaan. Jesus het óns lewens waardig geag om Syne vir ons te gee, so kom ons volg in sy voetspore en beskou diegene rondom ons as waardevol — waardig van ons tyd, eer en aandag.
Bid: Vader, U het mense na u beeld gemaak. Ons het almal soveel waarde in u oë dat U u lewe geleef het — en dit uiteindelik gegee het — om ons van onsself te red. Help my om u soort buitengewone nederigheid in my alledaagse lewe te beoefen, en lei my om ander te behandel met dieselfde liefde wat U aan my bewys het. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.
More