GesindheidVoorbeeld

Attitude

DAG 2 VAN 7

Kla jy Baie?

God vra van ons om in alles dankbaar te wees, want dit is hoe jy deur enigiets leef.
— Anne Voskamp

Merk jy ooit hoe jy kla? Miskien kla jy oor hoe jou kerk aanbid, hoe jou buurman stem, of hoe jou professor onderrig gee. Dit wys jou gesindheid op daardie tydstip — jou manier van dink of voel oor iets. Die apostel Paulus het die gevaar van kla erken, en leer ons die volgende in Filippense 2:14: “Doen alles sonder kla of teëpraat.”

Waarom sou Paulus dit 'n prioriteit maak om nie te kla nie? Om mee te begin, dink aan hoe God se liefde konstant, oorvloedig en genoeg is vir almal. Vandat ons wakker word tot wanneer ons gaan slaap, sorg God vir ons. Deur Jesus, God se grootste seën, kan ons 'n hegte verhouding met ons Skepper hê. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy ons genooi om saam met Hom te werk aan die betekenisvolle missie om sy liefde met die wêreld te deel.

Dink nou daaraan om nors en geïrriteerd te wees — pas dit by God se seëninge en roeping vir ons lewens? Hoe kan ons 'n kla-gesindheid teenstaan wat ingesluip het? Deur dankbaarheid.

Om te erken waarvoor ons dankbaar is in die verlede, hede en toekoms, plaas ons lewens in perspektief, en help ons om die seëninge te erken wat God ons gegee het. Ons kan in Hebreërs 12 hierdie gesindheid sien wat deur Jesus vir ons as voorbeeld gestel is. In die aangesig van die dood aan die kruis, hou Jesus sy oë op die vreugde wat vir Hom voorlê: 'n toekoms met ons, die mense wat Hy gekom het om te red.

Vir ons kan die beoefening van dankbaarheid eenvoudig 'n tyd van nadenke behels aan die begin of einde van die dag oor dinge waarvoor ons dankbaar is. Of miskien kan ons gereeld die psalmis se frase opsê:

Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees
(Psalm 118:24).

Die geestelike praktyk van eenvoud kan ook 'n hulp wees teen 'n gekla — ons kan dankbaarheid en tevredenheid kies in plaas daarvan om altyd meer en beter goed te koop.

Wanneer ons onthou waarvoor ons dankbaar is, veral die vreugde deur Christus wat voorlê, word ons gesindheid meer soos dié van Jesus.

Bid: Vader, dankie vir u voortdurende seëninge in my lewe, van die klein daaglikse dingetjies tot my familie en vriende, tot die grootste geskenk van almal: om u Seun te stuur om vir my 'n lewe van volheid te gee. Help my asseblief om die vreugde voor my te sien. Heilige Gees, vorm asseblief in mý die denkwyse van Christus. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Attitude

Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/