Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John PiperVoorbeeld
Elke mens behoort te leef vir God se verheerliking
As God ons vir sy verheerliking gemaak het, is dit duidelik dat ons vir sy verheerliking moet leef. Ons plig kom vanuit sy ontwerp. So, ons eerste prioriteit is om God se waarde te wys deur tevrede te wees met alles wat Hy vir ons is. Dit is die wese van liefde vir God (Matteus 22:37), vertroue in Hom (1 Johannes 5:3-4) en om dankbaar te wees vir Hom (Psalm 100:2-4). Dit is die basis van alle ware gehoorsaamheid, spesifiek om ander lief te hê (Kolossense 1:4-5).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.
More
Ons wil graag John Piper/Desiring God bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.desiringgod.org/