Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 27 VAN 36

Gebed: Ons Tydsbespaarder

Lewensbeginsel 27: Gebed is die lewe se grootste tydsbespaarder.

Verandering is nooit maklik nie, veral wanneer ons keuses ander mense beïnvloed. Verandering beteken dat belangrike keuses gemaak moet word — wat die moontlikheid van verskriklike foute en deurlopende gevolge teweegbring. Ons is op pad na 'n ramp wanneer ons sulke keuses maak sonder om die Here se leierskap te erken. Wanneer ons tot God bid, sy leiding vra en onsself aan sy wil verbind, werk Hy op verstommende maniere om ons te help.

Gebed is altyd die lewe se beste tydsbespaarder. Die Here weet presies wat jy nodig het, en Hy sal altyd jou gebede beantwoord soos wat dit absoluut die beste vir jou is. Ruim dus tyd in om na Hom te luister, sy wysheid en leiding te ontvang en sy teenwoordigheid en sy krag in te drink. Wees stil voor Hom, rus in Hom, en laat Hom toe om jou voetstappe te rig. Hy sal jou daarvan weerhou om in die verkeerde rigting te beweeg of om jou tyd te mors deur nuttelose dinge te doen.

Is jy bereid om stil te staan en na Hom te luister? Is jy gereed dat Hy jou so produktief maak as wat jy kan wees? In daardie geval, maak dit nie saak wat jou in die gesig staar nie; verbind jou deur gebed aan sy plan, wysheid, voorsiening en leiding. Jy sal vind dat tyd saam met Hom die beste belegging is wat jy ooit kan maak.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen van hierdie beginsels deeglik te ondersoek, om jou te leer hoe om hulle elke dag prakties toe te pas en om jou te lei om die oorvloedige lewe te kan geniet wat Christus vir jou wil gee.  

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.