Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld
God se Pad van Gebrokenheid
Lewensbeginsel 15: Gebrokenheid is God se vereiste vir jou om van nut te wees.
Wie vertrou jy meer as God? Wat is God besig om in jou lewe weg te stroop? Die antwoorde op hierdie vrae kan dalk verklaar waarom God so hard daaraan werk om jou vertroue op enigiets of iemand anders as op Hom te verbreek — maak nie saak hoe lank dit sal neem of hoe moeilik die proses mag wees nie. Hy is toegewyd om jou tot 'n plek van volheid en geestelike volwassenheid te bring — om jou te verander na die beeld van sy Seun (Romeine 8:29) — sodat Hy deur jou kan werk om ander, deur jou getuienis, na volheid en geestelike volwassenheid te bring (2 Korintiërs 1:3-7).
Die apostel Paulus het 'n soortgelyke tyd van gebrokenheid en lyding in die gesig gestaar en skryf: "Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word" (2 Korintiërs 12:8). Alhoewel God nie "dit" van hom weggeneem het nie, het Hy Paulus gehelp om te verstaan dat dit vir hom gegee was sodat hy nie homself sal verhoog en staat maak op enigiets behalwe Christus nie (2 Korintiërs 12:7-11). Die Here het ook die apostel geleer dat sy genade altyd genoeg sal wees vir al sy swakhede.
Dieselfde is ook waar vir jou. Wanneer jy ook al gebroke is, sal God se genade jou kan help om aan te hou en om jou tot volwassenheid te bring. Hy sal jou wys hoe om jou afhanklikheid van aardse vorme van sekuriteit prys te gee en jou leer hoe om in sy wonderlike voorsiening en liefde te rus. Wees dus vol vertroue dat Jesus Christus enige swakheid wat jy mag hê, na krag, hoop en eer kan verander.
Aangaande hierdie leesplan
Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen van hierdie beginsels deeglik te ondersoek, om jou te leer hoe om hulle elke dag prakties toe te pas en om jou te lei om die oorvloedige lewe te kan geniet wat Christus vir jou wil gee.
More