Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 20 VAN 36

Oorkom Moedeloosheid

Lewensbeginsel 20: Teleurstellings is onvermydelik; moedeloosheid is 'n keuse.

Die Here het 'n unieke plan vir jou lewe — een wat nie volgens onverwagse omstandighede verander nie. Wanneer jy gekonfronteer word met 'n situasie wat nie in lyn is met God se wil vir jou lewe nie, moet jy stilstaan en Hom vir rigting vra. Soms laat Hy toe dat teleurstellings gebeur, sodat jy leer om al hoe meer ten volle op Hom te vertrou — om in geloof te wandel en nie volgens wat jy sien nie. Moet egter nooit vergeet nie dat alhoewel teleurstelling onvermydelik is, is moedeloosheid 'n keuse. Jy moet nooit toelaat dat die uitdagings wat voorkom, jou entoesiasme of vertroue in Hom steel nie.

In die daaglikse teleurstellings wat dreig om jou emosionele reserwes te dreineer en jou aandag van die Here af te lei, het jy ware hoop en 'n opregte keuse van vreugde en 'n lewe van oorvloed in Christus. Omstandighede kan jou nie beheer nie; Jesus is in beheer van jou lewe. Jy hoef nooit die slagoffer van jou gevoelens te wees nie. Jy kan kies om na God te luister, van Hom te leer en aan te beweeg. As jy dit doen, sal die gewonde en neerslagtige plekke in jou hart en die littekens van ou teleurstellings in God se helende liefde wegsmelt.

God het seëninge vir jou — meer as wat jy jou ooit kan indink. Los die teleurstellings en die vrees om weer te hoop of om weer te vertrou. God hou jou toekoms in sy hande, en jy sal nooit verloor deur uit te sien na wat Hy vir jou beplan het nie.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen van hierdie beginsels deeglik te ondersoek, om jou te leer hoe om hulle elke dag prakties toe te pas en om jou te lei om die oorvloedige lewe te kan geniet wat Christus vir jou wil gee.  

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.