Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld
Die Heilige Skrif bring wysheid.
Toe koning Salomo enige versoek waaraan hy kon dink, toegestaan is, het hy wyslik vir wysheid gevra. Ons het almal wysheid nodig op alle gebiede van ons lewens en die wêreld het baie wysheid om aan te bied. Maar in die meeste gevalle sal ons sien dat die wysheid wat uit die logika, redenasies en waardes van hierdie wêreld kom, nie versoenbaar met God se wysheid is nie. Elke keer as ons die Bybel optel om daaruit te lees, kan ons net vir 'n oomblik stil raak en God vir wysheid vra.
Vra Hom om duidelik deur sy Woord met jou te praat en jou te wys hoe dit op jou verhoudings en omstandighede van toepassing is. Net soos jy na 'n waardevolle skat sal soek, moet jy die wysheid wat jy nodig het in die Skrif soek. Wanneer jy 'n gewigtige besluit moet neem of voel dat jy op sekere plekke in jou lewe nie die mas opkom nie, moet jy nie 'n besluit neem of iets doen voor jy die nodige wysheid van God ontvang het nie.
Baie keer gee God wysheid in ons lewens tydens gebed of deur ander medegelowiges. Daar is egter geen plaasvervanger vir die vertroue wat by ons ingeboesem word wanneer God in swart op wit aan ons rigting gee nie. Alhoewel die boek Spreuke spesifiek oor praktiese wysheid handel, kan dit (wysheid) nog steeds deur die hele Bybel gekry word — deur die voorbeeld van iemand se verhaal, deur profesieë wat hulle tyd ver vooruit is, deur die onderrig van Jesus of deur die briewe van 'n apostel.
Praat met God: Hemelse Vader, U alleen beskik oor die wysheid wat ek so nodig het. Dankie dat U vir my die wysheid gee om die lewe te lei waartoe U my geroep het. Ek wil geen besluite in my lewe neem sonder u wysheid nie. In die Naam van Jesus. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.
More
Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.