Die Invloed Van die Heilige SkrifVoorbeeld
Die Skrif verbind ons aan ander.
Verbeel jou jy bevind jouself in een van die groeiende, eerste-eeuse gemeenskappe van gelowiges. Alles wat jy van die Skrif weet, sou jy in 'n samekoms van gelowiges geleer het. Jy sou nie jou eie eksemplaar van die Ou Testament besit het nie. Die Nuwe Testament was nog in die proses om geskryf te word. Wanneer julle 'n brief van 'n reisende apostel soos Paulus, Petrus of Johannes ontvang, het almal bymekaar gekom om te hoor hoe die volledige brief voorgelees word. Heel moontlik sonder enige onderbrekings aan die begin, maar dit sou herhaaldelik gelees word. Dan sou hulle dit bespreek met vrae en 'n verdere uitbreiding op die inhoud daarvan.
Dit is so 'n groot seën dat ons die Bybel saam met ons kan dra waarheen ons ook al gaan, dat dit baie toeganklik is en ons dit in ons eie taal kan lees. Met slegs die druk van 'n knoppie kan dit selfs vir ons voorgelees word. Wanneer jy die Bybel egter saam met ander gelowiges lees, kan dit nog 'n groter impak op jou lewe te hê.
Vandag se teksvers sê ons moet onsself daaraan toewy. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, benut die funksies in die Bybeltoep om dit wat jy lees met vriende te deel. Deel 'n Skrifgedeelte op jou ander sosiale media platforms. Jy kan 'n teksvers beklemtoon, 'n nota maak of kommentaar op 'n vriend se plasing lewer. Werk deur 'n leesplan saam met vriende sodat julle die uitdagende gedeeltes kan bespreek.
Wanneer ons die Bybel saam lees, skep dit 'n gevoel van aanspreeklikheid, dit is pret en help ons ook om betrokke te bly. Ons bly in 'n wêreld waar onafhanklikheid verheerlik word. Mense vermy dit om van enigeen of enigiets afhanklik te wees. Dit is egter God se wil dat ons van Hom en ander gelowiges afhanklik moet wees. Oorweeg watter veranderinge jy kan maak om die lees van jou Bybel minder privaat en meer openbaar te maak.
Praat met God: Ons Vader in die hemel, dankie dat U ons deel maak van u familie. Help my asseblief om maniere te vind om medegelowige broers en susters by my daaglikse lees van u Woord in te sluit. Maak my ontvanklik vir die uitdaging en verantwoordelikheid om u Woord saam met medegelowiges te bestudeer. Stuur asseblief mense oor my pad wat ek deur u Woord kan beïnvloed. In die Naam van Jesus, amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat het die Bybel te sê oor die Bybel? Wat het 'n antieke boek vir die moderne mens te sê? Hierdie Life.Church leesplan ondersoek die invloed wat die Skrif in jou alledaagse lewe kan hê met Skrifgedeeltes wat beklemtoon hoe die Woord van God steeds vandag sy woord vir ons is.
More
Hierdie leesplan is geskep deur Life.Church en in ander tale vertaal in samewerking met Wycliffe Bible Translators (www.wycliffe.org), 'n organisasie wat daartoe verbind is om die Woord van God te bring aan gemeenskappe wat nog daarvoor wag.